Van Lu­cia

TV Plus (Afrikaans) - - DIE NUUS -

Ek raak mak­lik op­ge­won­de – ek glo jy moet in am­per al­les ple­sier kan vind. Iets wat my al­tyd so ge­luk­kig maak soos ’n se­pie­ka­rak­ter wat met ’n slink­se slen­ter weg­kom, is wan­neer ek on­ver­wags met van ons le­sers te doen kry. On­langs in die vlieg­tuig op pad te­rug van die Kaap af het die man langs my sy nek soos ’n ka­meel ge­rek om te sien wat ek proef­lees. Hy was in die wol­ke toe hy hoor ek werk by tvplus en het los­ge­trek met kom­men­taar oor hui­di­ge sto­rie­ly­ne. Hy kon die tronk­sto­rie in 7de Laan nie ver­dra nie, maar die U­za­loskie­te­ry het hom ge­boei. Van die an­der pas­sa­siers het vin­nig by die ge­sprek in­ge­val. Elk­een het sto­rie­ly­ne an­ders be­leef en die ge­sprek het so hef­tig ge­raak, ’n lug­waar­din moes ons vra om sag­ter te praat om­dat ons op­roe­rig raak. Ek glim­lag nou nog wan­neer ek daar­aan dink. Bly al­tyd so pas­sie­vol oor TV – ont­vlug­ting is net so be­lang­rik soos nuus en po­li­tiek!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.