Mau­ri­ce Pai­ge

Wat gaan in jou guns­te­ling­ak­teur se kop aan?

TV Plus (Afrikaans) - - V&A -

Mau­ri­ce Pai­ge (35), die mo­tor­werk­tuig­kun­di­ge Ty in die se­pie Suidooster (2015-nou; sien ble. 14-17), het nooit kon dink hy sou ’n loop­baan in die ver­maak­wê­reld kies nie. “Ek wou ’n rug­by­spe­ler word,” sê die man met die breë skou­ers en bul­ten­de arm­spie­re. Maar sy op­tre­de in ’n skool­to­neel­stuk het sy oë laat oop­gaan vir die le­we van ak­teur. “Ek was be­to­wer deur die ge­hoor se ap­plous en be­sluit toe ek gaan ak­teur word.”

Wat­ter TV-pro­gram het jy kam­ma-kas­tig saam met jou maats

ge­speel? As kind het ons ge­sin ’n k­lein swart-wit TV ge­had, en ek en my pel­le was gek oor Chris­to Da­vids wat Di­al Sep­tem­ber was in die dra­ma­reeks On­der En­ge­le (1995). Ons het bai­e­keer ge­speel ons is Di­al.

Wie was jou eer­ste TV-lief­ling? An­na-Mart van der Mer­we (Chris­tel­le Ter­re­blan­che, 2000-2009 in 7de Laan 2000-nou) en Kim En­gel­brecht – hul­le is al­bei beeld­skoon en ta­lent­vol­le ak­tri­ses. Ek het la­ter saam met Kim in I­si­din­go (1998-nou) ge­speel. Ek was (van­af 2009 tot 2017) die joer­na­lis Cal­vin Xa­vier en Kim het die rol van Lol­ly van On­se­len (2005-2013) ver­tolk. Sy het saam met Cal­vin by ONTV ge­werk. Wat het jy ge­doen ter­wyl jul­le as ge­sin TV ge­kyk het en daar ’n “vol­was­se”

oom­blik was? S­naaks ge­noeg het dit my nie ge­pla nie; ek het al van kleins af ver­staan dis nie eg nie. En la­ter as ’n pro­fes­si­o­ne­le ak­teur het ek be­sef daar is niks in­tiems aan ’n soen of seks­to­neel op TV nie. Jy doen dit voor ’n klomp men­se op stel, van die pro­duk­sie­pan tot die re­gis­seur. Wat­ter pro­duk sou jy graag wou hê se­dert jy dit op TV ge­sien het? E­ni­ge BMW-kar; ek wil

nou nog een hê wan­neer ek dit op TV sien. Wie se TV-kle­re­kas sou jy wou hê? Ek was mal oor Cal­vin se kle­re­kas, ver­al sy by­kom­stig­he­de soos sy pik­swart son­bril. Dit was clas­sy. In wie se TV-huis sou jy graag wou

bly? Ek sou graag in Ty se huis in Suidooster wou bly. Hy huur mos oom Fa­sie (Jo­han Bo­tha) se huis langs Mrs. J ( T­he­re­sa Se­dras) s’n. Ek is mal oor daar­die stel, daar is niks fan­cy nie, al­les lyk so ge­mak­lik. Wat­ter reeks is tans jou guns­te

ling? Game Of Thrones (2011nou) en Po­wer (2014-nou). Die in­tri­ges en span­nings­vol­le e­pi­so­des hou my op die punt van my stoel. Wat­ter werk sou jy ag­ter die skerms wou doen? Ek sou graag re­gie wou doen. Toe ek by I­si­din­go be­trok­ke was het ek die re­gie van ’n paar e­pi­so­des be­har­tig. Wat­ter sto­rie­lyn­kin­kel uit ’n reeks is jou

guns­te­ling? Tot dus­ver was dit my ka­rak­ter se sto­rie­lyn met Siya (Gan­ta­ne Kusch) in Suidooster toe Siya [in A­pril] ver­krag is. Ty het Siya deur dik en dun by­ge­staan en nooit sy ver­troue in Siya laat taan nie. Ty was ’n wa­re vriend en dis iets wat vir my baie be­te­ken het, en ek was trots daar­op om dit met die ky­kers te deel. Wat­ter TV-ka­rak­ter is jou guns­te­ling­held? Ek sou eer­der sê die ak­teur Ke­vin S­mith is my held. Hy was ja­re lank my men­tor by I­si­din­go as Frank Xa­vier, Cal­vin se pa, en dit was won­der­lik om weer ver­le­de jaar saam met hom te werk toe hy die rol van die sa­ke­man A­dam in Suidooster speel. Wat is jou nag­mer­rie-sce­na­rio wan­neer jy ’n to­neel ver­film? As ek my woor­de ver­geet – ver­al in ’n erns­ti­ge to­neel waar al die aan­dag op my ka­rak­ter is en ek die an­der spe­lers dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.