Jon­ges leer by ou­es

Die La­te­gan-sib­bes An­ja en Zan­dré is al­bei in ’n ver­hou­ding . . . met ou­er lief­des­be­lang­stel­lings.

TV Plus (Afrikaans) - - ISIDINGO -

Sib­be-wed­y­we­ring in die La­te­gan­huis het nu­we vlak­ke be­reik – An­ja en Zan­dré (Lee Vi­sa­gie en Dèan­ré Rei­ners) ding mee aan die ro­man­tie­se front. “Dis in­te­res­sant dat hul­le ons ka­rak­ters by ou­er men­se be­trok­ke laat raak,” sê Lee. “Dis ’n nu­we plek vir hul­le – ver­al An­ja, wat nie al­tyd ge­luk­kig met die lief­de was nie. Selfs die be­gin met Jos­hua (Brad­ley No­wikow) was on­ge­mak­lik vir haar.”

’N HOUVROU

Toe An­ja en Jos­hua vroeg in Ju­lie be­gin uit­gaan, het al­les oor geld gegaan, ver­dui­de­lik Lee. “Hy’s ’n ryk sa­ke­man en koop ge­sken­ke en oor­laai haar met geld. So iets het nie te­vo­re met haar ge­beur nie, maar dis nie reg­te lief­de nie; sy geld het An­ja aan­ge­trek.” En kon­tant het hul­le ook by­na uit­me­kaar ge­skeur op Maan­dag 16 Ju­lie toe An­ja wak­ker word in Jos­hua se bed en daar’s ’n “ge­skenk”: geld. “Sy het am­per ge­voel hy be­taal haar vir seks,” sê Lee. “Maar dis nie so nie. Dis sy ma­nier om haar die aan­dag te gee waar­na sy hun­ker – en dis geld om vir haar mooi din­ge te koop, nie vir seks nie. Josh sou in elk ge­val vir haar die geld gee. Mis- kien is hy reg­tig ’n ga­we ou.” Dit gaan nie lank duur voor An­ja uit­vind nie – ná sy haar ge­sin met ge­sken­ke be­derf het op Woens­dag 25 Ju­lie, ant­woord An­ja Josh se foon ter­wyl hy in ’n an­der ver­trek is op Don­der­dag 26 Ju­lie. En weens die op­roep “sien sy dit heel­te­mal ver­dwyn . . .”

NUUSKIERIG

An­ja se broer, Zan­dré, ’n per­soon­li­ke af­rig­ter, het da­rem ’n be­ter lief­des­le­we. “Se­li­ne (Ro­sa An­tho­ny) is eint­lik glad nie sy soort nie,” sê Dèan­ré. “Maar sy flirt met hom en hy’s nuuskierig daar­oor om by ’n ou­er vrou te slaap.” Se­li­ne se ge­flirt raak te veel om te weer­staan op Maan­dag 30 Ju­lie, en hy weet nie wat om te doen nie, ver­dui­de­lik die ak­teur. “Hy’s on­skul­dig maar die op­win­ding van ’n ou­er vrou trek hom aan. Dis nie as­of sy be­sluit­ne­ming deur sy brein ge­lei word nie . . .”

An­ja is in­ge­no­me met haar nu­we ou­er kê­rel, maar – dit kom teen ’n prys.

Zan­dré kan nie help om nuuskierig te wees oor Se­li­ne die cou­gar nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.