Doods­ge­vaar in die Kon­go

S­te­ve en Ela­na se le­we word in die oor­log­so­ne be­dreig.

TV Plus (Afrikaans) - - BINNELANDERS -

Drs. S­te­ve A­bra­hams (C­lint B­rink) en Ela­na Be­ster (Il­ne Nie­na­ber) kom op Woens­dag 18 Ju­lie met hoë ver­wag­tin­ge in die Kon­go aan om by ’n veld­hos­pi­taal te werk. Maar hul­le word wreed ont­nug­ter. Die om­stan­dig­he­de is hag­lik en hul­le be­sef hul le­we is in ge­vaar. Dui­sen­de ki­lo­me­ters weg van die ge­rief en se­ku­ri­teit van die Bin­ne­land-kli­niek moet S­te­ve en Ela­na die groot­ste nag­mer­rie in hul le­we trot­seer – kom­pleet met re­bel­le, me­di­sy­ne wat ge­smok­kel word en kol­le­gas wat nie ver­trou kan word nie.

DIE HAR­DE WERKLIKHEID

Ela­na en S­te­ve be­sef met hul aan­koms dis nie ’n va­kan­sie in ’n pa­ra­dys wat op hul­le wag nie, sê Il­ne. “Daar’s hon­der­de pa­si­ën­te en bit­ter min dok­ters. Par­ty pa­si­ën­te lê som­mer twee-twee op ’n bed. Die nood­saak­li­ke me­di­sy­ne is ook be­perk. Boon­op klap die sko­te dag en nag om hul­le wan­neer die re­bel­le en die re­ge­ring­sol­da­te op me­kaar skiet. Die dok­ters se vei­lig­heid is op die spel en daar’s geen be­sker­ming nie.”

Die twee dok­ters wat al ge­rui­me tyd daar werk,

C­har­les Feeny (Conrad Kemp) en Jax Da­vids (Kim Sys­ter) is al meer ge­woond aan die toe­stan­de. C­har­les haal dus sy skou­ers op oor S­te­ve en Ela­na se he­wi­ge re­ak­sie. “Hy sê dis die re­a­li­teit waar­mee hul­le sal moet klaar kom; daar was in die ver­le­de meer per­so­neel, maar die si­tu­a­sie het ver­sleg,” ver­tel Conrad. “Wat hy eint­lik be­doel, is S­te­ve en Ela­na was waan­sin­nig om Kon­go toe te kom.”

JAX EN DIE RE­BEL­LE

Ela­na en S­te­ve het skaars hul tas­se in die pri­mi­tie­we hos­pi­taal uit­ge­pak, of die moei­lik­heid be­gin. Op Don­der­dag 19 Ju­lie is C­har­les erg be­kom­merd om­dat Jax, wat ’n paar dae te­vo­re weg is om ek­stra me­di­sy­ne te gaan haal, nog nie te­rug is nie. “S­te­ve bied aan om Jax te gaan soek, maar Ela­na dink hy is laf om­dat dit ge­vaar­lik is. Boon­op weet S­te­ve nie eens hoe Jax lyk nie,” ver­tel Il­ne.

Maar S­te­ve, ge­wa­pen met ’n bro­sjure­fo­to van Jax, vat die pad die vreem­de in. Hy is skaars weg of ’n groep re­bel­le val die hos­pi­taal aan. “Die re­bel­le se lei­er, O­dyn (Ny­a­ni­so D­ze­d­ze), sê hy soek vir Jax. Die re­bel­le bind C­har­les en Ela­na aan stoe­le vas. Ela­na maak of sy dap­per is, maar sy be­we soos ’n riet,” ver­tel Il­ne.

O­dyn vis uit oor die re­ge­ring­sol­da­te

wat in die hos­pi­taal be­han­del word, maar C­har­les ont­ken dit hef­tig. “Ela­na hou nie haar mond vir O­dyn wan­neer hy C­har­les nie wil glo nie en O­dyn be­gin haar rond ruk,” sê Il­ne.

Hul­le is vrees­be­van­ge maar ge­luk­kig daag Jax die vol­gen­de dag op en maak Ela­na en C­har­les voor O­dyn los. Ela­na merk ’n vreem­de kon­nek­sie tus­sen O­dyn en Jax – O­dyn is glad nie so vy­an­dig teen­oor Jax as teen­oor haar en C­har­les nie. Ela­na hou haar ge­dag­tes eers vir haar­self, sê Il­ne. “En al word hul­le nie meer ge­van­ge ge­hou nie, is sy steeds angs­tig, want S­te­ve is nog nie te­rug nie.” Ela­na wil Bin­ne­land kon­tak oor S­te­ve wat ver­mis is, maar Jax keer. En op Jax se aan­drang los die re­bel­le hul­le uit.

S­TE­VE WORD GE­SKIET

Ela­na pro­beer S­te­ve in­tus­sen op die sa­tel­liet­foon op­spoor, maar sy kry geen ant­woord nie. Die veld­hos­pi­taal se op­sig­ter Yo­go (Ge­ni­us Du­be) het in­tus­sen vir S­te­ve in sy bak­kie ge­laai om hom na Jax te help soek, maar hul­le word in ’n lok­val ge­lei. Wan­neer S­te­ve ’n boom­stomp uit die pad pro­beer ver­wy­der klap daar sko­te en al­bei word ge­wond. Ons mag nie Yo­go se lot ver­klap nie maar S­te­ve word deur ’n sa­ma­ri­taan na die veld­hos­pi­taal ge­neem. “Wan­neer Jax ’n gil­le­ry bui­te hoor, haas sy haar na die erg ge­won­de S­te­ve,” ver­tel C­lint. “S­te­ve veg om sy le­we. Hy dink die ein­de het aan­ge­breek en hy vra Jax om Lexi te bel. Maar dan ver­loor hy sy be­wus­syn.”

Jax be­sluit om die koe­ël te ver­wy­der, maar dis nie ’n mak­li­ke o­pe­ra­sie nie en S­te­ve moet ’n bloed­oor­tap­ping kry. “Wan­neer S­te­ve by­kom, is hy steeds bang hy gaan sterf en vra weer vir Jax om Lexi te ska­kel. In hier­die be­nou­de oom­blik­ke wil hy net sy dog­ter se stem hoor.”

ME­DI­SY­NE VER­DWYN

Al het Jax S­te­ve se le­we pro­beer red, bly Ela­na ag­ter­dog­tig teen­oor haar. “Ela­na won­der oor ’n kas wat Jax heel­tyd ge­sluit hou en met haar le­we be­waak. Wan­neer sy C­har­les oor Jax uit­vra, het hy net lof vir die toe­ge­wy­de Jax,” ver­tel Il­ne. “Ela­na vat ’n kans en snuf­fel in die kas rond wan­neer Jax haar rug draai. Sy kom af op me­di­sy­ne wat ver­val het en van Bin­ne­land af kom. Dis vir haar ver­dag en sy bel da­de­lik vir Conrad (Hy­kie Berg) in Bin­ne­land.” Conrad en Ela­na be­gin twee en twee by­me­kaar sit: daar het die af­ge­lo­pe paar we­ke me­di­sy­ne waar­van die voor­skrif­te ver­val het, uit die Bin­ne­land-kli­niek ver­dwyn. Maar as die me­di­sy­ne van Bin­ne­land na die Kon­go ge­smok­kel word, hoe kom dit by die veld­hos­pi­taal uit? “Ela­na kon-

fron­teer Jax oor die me­di­sy­ne, maar haar mond is ge­snoer.”

MISHANDELDE GYSELAAR

Op Vry­dag 27 Ju­lie is daar ’n wen­ding en word die re­de vir Jax se ge­heim­sin­nig­heid ont­hul: die chi­rurg De­on Vis­ser (Pie­tie Bey­ers), wat in 2016 vir S­te­ve in Bin­ne­land ge­as­sis­teer het en toe in Af­ga­ni­stan gaan werk het voor sy ver­pla­sing na die Kon­go, word op ’n af­ge­son­der­de plek gyselaar ge­hou. Die re­bel­le het ’n oor­een­koms met De­on: hy moet me­die­se diens­te aan hul sol­da­te ver­skaf, an­ders sterf hy.

Jax is die e­nig­ste een wat weet van die pe­na­rie waar­in De­on ver­keer en as sy dit uit­lap, gaan hy ver­moor word, sê Pie­tie. “Dis ’n fyn lyn tus­sen le­we en dood. Boon­op be­han­del die re­bel­le hom soos ’n weg­lo­per­hond en as­of dit nie erg ge­noeg is nie kry hy net een keer per dag een klein bord­jie kos. Hy word soos ’n slaaf be­han­del en die re­bel­le rand hom kort-kort aan.”

Ter­wyl De­on met die re­bel­le pro­beer on­der­han­del, raak C­har­les ook ag­ter­dog­tig oor Jax se ge­drag. En soos die me­die­se nood on­der hul troe­pe toe­neem, raak die re­bel­le roe­ke­loos. Waar gaan dit ein­dig?

BLOED, SWEET EN STOF

Die Kon­go-to­ne­le is mid­del-Mei op ’n plaas na­by die Hen­nops­ri­vier bui­te Jo­han­nes­burg ge­skiet. “Die we­li­ge plan­te­groei is soort­ge­lyk aan die plan­te in die Kon­go en dit laat die bui­te­to­ne­le eg lyk,” ver­tel Ernst Swart, pu­bli­si­teits­be­stuur­der.

Om­dat dit ont­set­tend warm in die Kon­go is, moes dit lyk as­of die ak­teurs aan­hou­dend sweet, sê An­gi Bos­hoff, vry­skut- gri­meer­der wat saam met ’n as­sis­tent, Lin­die Jor­daan, die gri­me­ring be­har­tig het. “Ons het kort-kort son­skerm, wat soos sweet lyk, op die ak­teurs ge­spuit. Voor die ‘sweet’ het ons ’n poei­er, De­sig­ner Dirt, op die ak­teurs aan­ge­spons om hul­le vuil en stow­we­rig te laat lyk.”

Vir die skiet­to­ne­le moes baie “bloed” ge­bruik word. An­gi en haar vriend Chris van La­tum be­sit The B­lood Bank en skep ver­skil­len­de kleu­re kuns­ma­ti­ge, vlek­vrye bloed vir film­doel­ein­des, en het die be­se­rings re­a­lis­ties laat lyk.

Plaas­li­ke ak­teurs wat oor­spronk­lik van Ni­ge­rië en die Kon­go kom, is as die Kon­go-in­wo­ners in­ge­span.

’n Span van 30 men­se (spe­lers in­ge­sluit) het aan die to­ne­le ge­werk. Die skiet­to­ne­le het ge­luk­kig nie die bu­re ag­ter­dog­tig ge­maak nie, want die plaas is baie af­ge­son­der.

Moe­nie skiet nie! S­te­ve (C­lint B­rink) word deur die re­bel­le aan­ge­val wan­neer hy vir Jax (Kim Sys­ter) soek.

Die sko­te klap om Yo­go en S­te­ve na­dat re­bel­le hul­le in ’n lok­val ge­lei het.

E­le­na is ver­slae en ge­skok oor die om­stan­dig­he­de waar­in hul­le hul be­vind.

Dr. De­on Vis­ser (Pie­tie Bey­ers) word in hag­li­ke om­stan­dig­he­de deur die re­bel­le aan­ge­hou.

S­te­ve, C­har­les en Ela­na pro­beer ’n slag­of­fer van die re­bel­le help.

C­lint po­seer ag­ter die skerms tus­sen twee dra­ma­tie­se to­ne­le.

’n Vrees­be­van­ge Ela­na soek skui­ling in een van die dra­ma­tie­se to­ne­le wat nog kom. I­zel S­mit smeer bloed aan C­lint na­dat sy ka­rak­ter S­te­ve ge­skiet is. An­gi Bos­hoff sit hand by met die bloed van die bloed­bank.

Die uit­voe­ren­de re­gis­seur Da­nie Jou­bert (regs) praat met C­lint B­rink (S­te­ve) en Ge­ni­us Du­be, wat Yo­go speel, oor die vol­gen­de to­neel.

Hoe­wel dit moes lyk of dit baie be­dom­pig en warm is, het die ak­teurs am­per ver­kluim.

Il­ne moes ook baie vuil en swe­te­rig lyk en gri­meer­kuns­te­naar An­gi Bos­hoff laat dit soos die wa­re Ja­kob lyk.

Die gri­meer­kuns­te­naar Lin­die Jor­daan knap Conrad se gri­me­ring tus­sen to­ne­le op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.