Moord so koel

Cas­t­le se koel­ste, grie­se­lig­ste raai­sel­ly­ke hou die skry­wer en sy po­li­sie­vrou-met­ge­sel Bec­kett op hul to­ne!

TV Plus (Afrikaans) - - NEWS -

Daar is niks wat die mis­daad­fik­sie­skry­wer Ri­chard Cas­t­le (Nat­han Fil­li­on) se ver­beel­ding so aan­gryp soos ’ n grie­se­li­ge moord nie. ’ n Te­rug­flits in die fi­na­le e­pi­so­de van sei­soen 7 van Cas­t­le (2009-2016, die vol­le­di­ge reeks is op Sho­w­max be­skik­baar) ont­hul Ri­chard se eer­ste ont­moe­ting met ’ n lyk toe hy 11 jaar oud was en ’ n lig­gaam met ri­tu­a­lis­tie­se mer­ke in die ge­sig in die woud ge­kry het. Der­tig jaar la­ter is Cas­t­le op­ge­won­de om saam met die NYPD-speur­der Ka­te Bec­kett (S­ta­na Ka­tic) ’ n moor­de­naar wat moorde in Cas­t­le se ro­mans na-aap, te on­der­soek. Dis ’ n ver­bin­te­nis uit die pa­ra­dys . . . en die lyks­huis. “Hy sal nie in jou park­weer­ga­we van ’ n moord be­lang­stel nie, want hy ken die sto­rie,” sê die reeks se skep­per en uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger Andrew W. Mar­lo­we. “Ons soek raai­sels wat meer lae het, iets wat sy ver­beel­ding as skry­wer sal aan­gryp.” Soos hier­die vier . . .

YSMEISIE (sei­soen 1 e­pi­so­de 5)

Die lig­gaam van ’ n beeld­sko­ne vrou in ’ n wit nag­rok word op ’ n bou­per­seel ge­vind, be­vro­re en in ys­ter­tra­lies ver­stren­gel. Hoe­wel sy on­langs be­vries is, ont­hul Cas­t­le se on­der­soek “sy” nu­we slag­of­fer word al vir die af­ge­lo­pe vyf jaar ver­mis, wat die po­li­sie dwing om ’ n koue saak (dit is Cas­t­le – daar sal woord­spe­ling wees) te her­o­pen. Dit is die eer­ste saak wat Bec­kett laat voel sy kan Cas­t­le ver­tel van die moord op haar ma wat reg­deur die reeks loop.

VLOEK VAN DIE MUMMIE (sei­soen 2 e­pi­so­de 19)

’ n Mu­seum­ku­ra­tor wie se kop ver­bry­sel is toe ’n be­ton­d­ra­ke­kop op hom ge­val het, is die be­gin van ’n wil­de reis! Al­mal wat in hier­die e­pi­so­de sterf, was deel van ’ n pro­jek wat ’ n Ma­ja-ko­ning se mummie vir ’ n uit­stal­ling in die mu­seum ge­bring het. Die saak ver­diep toe die mummie van ’ n stu­den­te­lid van die pro­jek ge­vind word.

STOOMPUNK (sei­soen 3 e­pi­so­de 4)

Die po­li­sie is dronk­ge­slaan toe ’ n koe­ël uit ’ n lyk ver­wy­der word en hul­le be­sef net ’ n an­tie­ke wa­pen kon dit af­ge­vuur het. In die pret wat volg, on­der­soek Cas­t­le ’ n ge­hei­me twee­ge­vegri­tu­eel by ’ n pri­va­te stoompunk-ver­e­ni­ging. Die Cas­t­le-kos­tuum­de­part­ment gaan vol­uit wan­neer hul­le die wind­ma­ke­ri­ge skry­wer soos ’ n dol Vic­to­ri­aan­se heer­a­von­tu­rier-in­ge­ni­eur aan­trek.

DIE SKRY­WER HET DIT GE­DOEN (sei­soen 5 e­pi­so­de 5)

Het Cas­t­le ’ n jong vrou be­dwelm en ver­wurg, ’ n sim­bool op haar voor­kop uit­ge­kerf en haar daar­na met do­ring­draad op­ge­hang? Al­les dui op ja, ’n e-pos wat be­wys hul­le het ’ n af­fair, Cas­t­le se vin­ger­af­druk­ke op haar deur­hand­vat­sel en ju­we­liers­wa­re van die slag­of­fer, maar wat deur Cas­t­le ge­koop is, in­ge­sluit. En, daar’s ’ n “ge­skrap­te” lê­er op sy re­ke­naar wat die moord in de­tail be­skryf. En wag net tot die po­li­sie sy woon­stel deur­soek!

WAT IS SHO­W­MAX?

Die stroom­diens Sho­w­max is A­fri­ka se groot­ste aan­lyn TV-ver­skaf­fer met meer as 35 000 reek­se­pi­so­des, flieks en dok­kies vir slegs R99 per maand, R49 vir DStv Com­pact-in­te­ke­naars of gra­tis op jou DStv P­re­mi­um­re­ke­ning*. Gaan na sho­w­max.com om in te te­ken vir jou gra­tis proef­tyd van twee we­ke en kry toe­gang tot reekse, soos Seep­glad en Hier Gaan Ons Al­weer, as­ook flieks, soos Eint­lik Nog­al Baie! *B’s & V’s geld.

Bec­kett (links) en Cas­t­le hou die skert­se­ry lig en die sa­ke span­nend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.