Slim vang sy baas

Danni ont­mas­ker Eben, en Bi­an­ca draai haar rug op hom.

TV Plus (Afrikaans) - - SUIDOOSTER -

Die jong Danni ( Vashti Prins) krap des­pe­raat in Eben (P­hil­lip Henn) se ver­le­de rond en haar ver­moe­dens word be­ves­tig: Eben het an­der vroue ook ge­teis­ter nes hy met haar ge­doen het – wat tot haar af­dan­king ge­lei het toe sy Eben se at­ten­sies ver­werp.

Danni se soek­tog na an­der slag­of­fers lei haar na ene Va­le­rie Law­son (Ni­co­la Dud­dy), en Danni kon­tak haar. “Va­le­rie ver­tel Danni Eben het haar ook pro­beer ver­lei toe hul­le saam aan ’n pro­jek ge­werk het. Sy waar­sku Danni sy moet kat­voet loop, want Eben is uit­ge­sla­pe en sal al­les in sy ver­moë doen om die on­skul­di­ge par­ty aan die pen te laat ry,” sê Vashti.

Danni skep nu­we moed, want as Va­le­rie na vo­re kom kan hul­le Eben ont­mas­ker, maar Va­le­rie is bang vir die in­vloed­ry­ke Eben en wei­er om te praat oor wat ge­beur het. “Va­le­rie sê haar le­we is uit­ein­de­lik weer op dreef en sy wil Eben nie re­de gee om dit weer ’n hel te maak nie,” ver­dui­de­lik Vashti.

Danni ver­staan hoe ver Eben se mag strek en re­spek­teer Va­le­rie se keu­se. Net wan­neer sy dink dis ’n dood­loop­straat, kry sy en haar bond­ge­noot Zoe (Lau­ren Jo­seph) ’n nu­we plan: Hul­le gaan ’n lok­val vir die jak­kals stel. Danni maak op Don­der­dag 19 Ju­lie ’n af­spraak met Eben met die i­dee om hom uit te vang en be­wy­se te kry van sy teis­te­ring, maar die plan mis­luk. “Eben ver­trou nie die v­re­de nie en trap nie in die strik nie,” ver­tel Vashti.

Die vol­gen­de dag, Vry­dag 20 Ju­lie, hoor Eben Danni gaan tuis wees en stem in om haar daar te ont­moet. “Danni spring soos ’n kat op ’n warm plaat rond wan­neer sy be­sef sy en Eben gaan stok­siel­al­leen wees,” sê Vashti. Maar die twee­de lok­val mis­luk soos die eer­ste.

Eben se skan­des be­gin hom wel in­haal. Op Maan­dag 23 Ju­lie kry sy dog­ter, Bi­an­ca (Si­mo­ne Bis­com­be), met wie hy in Ju­nie ver­soen ge­raak

het na­dat sy hom in A­pril op­ge­spoor het, ’n ont­stel­len­de stem­bood­skap en sy kon­fron­teer Eben. “Bi­an­ca wil eers glo haar pa is on­skul­dig en dat Danni hom aan­lei­ding ge­gee het,” sê Si­mo­ne oor die ge­heim­sin­ni­ge stem­pos.

Eben ont­ken al­les, maar Bi­an­ca bly ag­ter­dog­tig. Wan­neer Bi­an­ca Danni pols, stort Danni haar hart uit en ver­tel Bi­an­ca van Va­le­rie.

Bi­an­ca is teen die grond wan­neer sy hoor hoe Eben toe­na­de­ring tot Danni ge­soek het, sê Si­mo­ne. “Sy wil nie die sleg­ste glo van ie­mand vir wie sy om­gee nie. Sy be­sef nou Danni het heel­tyd die waar­heid ge­praat. Maar sy wil hê die waar­heid moet se­ë­vier en be­sluit om saam met Danni te werk,” ver­tel Si­mo­ne. Bi­an­ca en Danni kon­fron­teer Eben kort daar­na, maar die slink­se Eben is reg met ant­woor­de. “Eben sê hy was baie kwes­baar na­dat din­ge tus­sen hom en Bi­an­ca se bi­o­lo­gie­se ma, My­moe­na (Jill Le­ven­berg), nie uit­ge­werk het nie. Hy sê Danni het hom aan­lei­ding ge­gee, maar bieg dan weer hy het die te­kens ver­keerd ge­lees,” ver­tel P­hil­lip.

BOONTJIE SE LOONTJIE

Eben dink die stof het gaan lê, maar op Dins­dag 24 Ju­lie lig Ian (Abduragh­maan A­dams) Eben in hy wil nie meer met hom be­sig­heid doen nie. Ian het uit­ein­de­lik deur Eben be­gin sien en be­sef hy het ’n fout ge­maak om Danni af te dank.

Bi­an­ca hoor hier­van en Eben smeek haar die vol­gen­de dag om ver­gif­nis maar sy jaag hom sum­mier weg. “Bi­an­ca is baie te­leur­ge­steld, want sy wou graag aan ’n ver­hou­ding met haar bi­o­lo­gie­se pa werk. Eben was ja­re lank af­we­sig in haar le­we en sy het al­tyd ’n se­ke­re beeld van hom voor- ge­hou. Na­dat hul­le ver­soen ge­raak het, het dit die eer­ste keer vir haar ge­voel of haar le­we en haar ge­sins­ge­luk weer vol­maak is. Maar nou het die droom ’n nag­mer­rie ge­word,” sê Si­mo­ne.

VER­SKO­NING

In­tus­sen voel Ian voel sleg om­dat hy Danni nie ge­glo het nie. Hy vra haar op Woens­dag 25 Ju­lie om ver­sko­ning en bied haar weer haar ou werk aan. Maar Danni gee nie so mak­lik in nie. “Sy sê sy wil eers mooi daar­oor dink. Sy aan­vaar dit wel la­ter, maar het haar voor­waar­des,” ver­tel Vashti. Hoe­wel Danni nou breed glim­lag, is Bi­an­ca hart­seer wan­neer Eben haar op Woens­dag 25 Ju­lie fi­naal groet. “Eben vra Bi­an­ca om ver­gif­nis. Hy is ook e­mo­si­o­neel, want hy be­sef hy het sy hand oor­speel en gaan Bi­an­ca en sy klein­dog­ter, S­tel­la (P­hoe­nix I­sa­bel­la Ben­nett), nou moont­lik heel­te­mal ver­loor,” sê P­hil­lip. “Die bie­tjie hoop wat hy ge­had het dat hy een­dag nie al­leen oud gaan word nie, is nou ver­lo­re.” Nie dat Eben sy da­de be­rou nie, sê P­hil­lip. “Eben is ge­voel­loos. Hy glo steeds hy het die reg ge­had om toe­na­de­ring by Danni te soek. Hy staar hom blind teen sy eie te­kort­ko­min­ge en glo ie­mand soos Danni is bloot ’n ob­jek. Hy glo ook vas Suid­oos­ter- Eien­dom­me gaan spyt wees hul­le wil nie meer met hom sa­ke doen nie en dat hy nie hier die ver­loor­der is nie.” • Suid­oos­ter Films wou nie be­ves­tig of Eben la­ter weer in Rui­ter­bosch kom kui­er nie. Ons sal maar moet wag en sien of hy die moed het om sy ge­sig weer daar te wys.

Eben word in ’n hoek ge­dryf na­dat hy Danni pro­beer ver­lei het.

Zoe en Danni wil Eben in ’n lok­val lei.

Ian be­sef hy het ge­fou­teer en vra Danni om te­rug te kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.