Ag­ter ge­slo­te deu­re

Le­lo slaan haar geld­gry­pen­de kloue in die skelm Le­ha­sa in.

TV Plus (Afrikaans) - - SKEEM SAAM -

Die sa­ke­man Le­ha­sa (Ce­dric Fou­rie) is baie be­sig. Bui­ten dat die sus­ters

Ma­pit­si en Son­ti (Mo­gau Mot­l­hats­wi en Pe­arl Ma­na­me­la) hom dag­vaar om­dat hy Son­ti se be­sig­heid in 2017 ge­steel het, pro­beer hy die dood (nie op skerm ver­toon nie) van sy ver­vreem­de vrou Zan­di­le (Mats­he­po Ma­le­me) vroe­ër in Ju­lie ver­werk. Sy is weens kan­ker­kom­pli­ka­sies oor­le­de. Ce­dric sê Le­ha­sa be­leef nie ’n goeie tyd nie en ont­hul op Vry­dag 20 Ju­lie hy ver­wag moei­lik­heid: “Hy het nog nie tyd ge­had om v­re­de te maak met Zan­di­le se dood nie, want hy suk­kel om sy be­sig­he­de aan die gang te hou, en dit is waar­op hy eer­der kon­sen­treer.”

Dit ver­dui­de­lik in ’n ma­te hoe­kom hy sy vrien­din Le­lo (A­man­da du-Pont) soen wan­neer sy hom op Dins­dag 24 Ju­lie be­soek. “Le­ha­sa ver­werk sy pyn deur dit te pro­beer ver­geet,” sê Ce­dric. En al weet hy van Le­lo se re­pu­ta­sie as een van Turf­loop se groot­ste moei­lik­heid­ma­kers oor­tuig hy hom­self Le­lo is tans die reg­te af­lei­ding vir hom. Le­ha­sa stel dit dui­de­lik aan Le­lo hy gaan nie erns­tig raak oor haar nie, ver­dui­de­lik die ak­teur. “Die keer is Le­ha­sa die een in ’n kwes­ba­re po­si­sie.”

SÊ EK IS VERWARD

“Hy wil nie met haar uit­gaan nie. Hy weet wat men­se in die dorp sal sê,” ver­dui­de­lik Ce­dric. Die ge­meen­skap het nie ver­geet dat Le­lo haar des­tyd­se kê­rel K­wai­to (C­le­ment Ma­o­sa) se ro­man mid­del 2016 ge­steel het nie. Sy kan nie werk kry nie weens haar mis­daad­re­kord en sy suk­kel om kop bo wa­ter te hou. Vir Le­lo is Le­ha­sa haar uit­koms . . . wel, sy geld is. Sy kan haar sin kry as sy nie druk nie – “Le­ha­sa het sy per­soon­li­ke le­we al­tyd pri­vaat ge­hou,” sê Ce­dric. “Hy sou hom en Le­lo lie­wer ge­heim hou. Nie­mand het ge­weet hy is ge­troud nie tot Zan­di­le in No­vem­ber 2017 op­ge­daag het. Le­lo moet die­self­de wees.” Maar pro­beer dit vir haar sê!

VRIEN­DE MET VOORDELE

Le­lo wil dit uit­skree dat sy Le­ha­sa se bed warm ge­hou het op Maan­dag 30 Ju­lie, maar hy is woe­dend. “Daar is ’n vonk tus­sen hul­le, maar hy wil nie dat ie­mand dit weet nie,” sê Ce­dric. “Le­ha­sa wil nie nou al­leen wees nie – hy’t werk­pro­ble­me en per­soon­li­ke kwes­sies, en so ’n af­lei­ding is goed vir hom.” Be­hal­we, Le­lo sal ’n he­le hand gryp as sy ’n pin­kie kan kry – op Dins­dag 31 Ju­lie stel sy haar fling voor ’n ul­ti­ma­tum: maak “hul­le” be­kend of sy ver­dwyn!

Le­ha­sa wil sy af­fair met Le­lo ge­heim hou, maar sy het an­der i­dees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.