Lie­wer bang­jan...

Zi­tha raak ge­span­ne wan­neer haar voor­ne­men­de man Tau laat by hul trou op­daag met “twy­fel” dui­de­lik op sy ge­sig.

TV Plus (Afrikaans) - - GENERATIONS – THE LEGACY -

Daar is niks tra­di­si­o­neels – of wit – aan Tau en Zi­tha (Ra­pu­la­na Seip­he­mo en Zoe M­thiy­a­ne) se troue nie. Die bruid dra nie eens ’n rok ter­wyl sy op Vry­dag 20 Ju­lie voor die preek­stoel wag nie. “Maar dit is als waar­oor Zi­tha ge­droom het,” sê Zoe, wat dol is oor haar ka­rak­ter se i­dee van ’n “rok” wat die kop­pe laat draai. Die bruid se serp- en-broek- uit­rus­ting en die de­kor weer­spie­ël haar per­soon­lik­heid: dit sê dap­per maar een­vou­dig. “Zi­tha en Tau het saam strui­kel­blok­ke in hul ver­hou­ding oor­kom en hier­die dag ver­teen­woor­dig ’n nu­we be­gin,” sê die ak­tri­se. Maar Tau laat al­mal wag want die sterk sa­ke­man het trou­rit­tel­tits! “Hy is hui­we­rig om met haar te trou,” sê Ra­pu­la­na. “Hy ver­trou haar nie. Sy het weer ge­lieg oor werk saam met sy teen­stan­der Jack ( Vu­si Ku­ne­ne) in Ju­lie,” sê Ra­pu­la­na. Tau daag op Maan­dag 23 Ju­lie op maar sal hy die moed hê om sy be­lof­te af te lê?

Zi­tha speel nie vol­gens die re­ëls nie. Sy het eer­der, wat Zoe die ‘‘mees fan­tas­tie­se broek­pak’’ noem, as ’n tra­di­si­o­ne­le trou­rok ge­kies. ‘‘Dit is on­kon­ven­si­o­neel en baie soos hoe sy uit­staan bo an­der en al­tyd wy­er dink. Dit be­skryf haar ka­rak­ter die bes­te! Zi­tha is sterk en ge­fo­kus en sy wil dit in haar troue laat uit­kom’’.

Net om­dat Tau daar is be­te­ken dit nie sy troue met Zi­tha gaan plaas­vind nie . . .

Tau se strooi­jon­ker-swa­er Ga­d­af­fi (Vuyo Da­bu­la) kom by die kerk aan met sleg­te nuus: hy kan die brui­de­gom nê­rens kry nie. Tau se be­moei­sie­ke ma, Zon­di­we (A­bi­gail Ku­be­ka) is verward om­dat haar seun nie op­ge­spoor kan word nie. “Sy glo Zi­tha het iets ge­doen wat haar seun ont­stel het,” sê Zoe. “Zon­di­we gil en skree op Zi­tha. Sy’s ge­frus­treerd en kwaad om­dat Tau laat is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.