Hei – dis my ba­ba!

Rick en Ma­ya is baie lief vir hul Liz­zy, maar ’n regs­fout kan haar uit hul arms skeur en haar te­rug­stuur na hul sur­ro­gaat, Ni­co­le.

TV Plus (Afrikaans) - - BOLD -

By­na el­ke ou­er se nag­mer­rie staar Rick en Ma­ya (Ja­cob Young en Kar­la Mos­ley) in die ge­sig: om hul kind te ver­loor. Die fa­mi­lie­pro­ku­reur Car­ter (La­wren­ce Saint-Vic­tor) sê vir Rick op Don­der­dag 19 Ju­lie hy het ’n fout ge­maak op Liz­zy (Ja­liy­ah & Ja­niy­ah Wil­son) se aan­neem­do­ku­men­te en Ni­co­le (Reign Ed­wards), Liz­zy se bi­o­lo­gie­se ma, moet weer te­ken om die aan­ne­ming wet­tig te maak. Maar Ni­co­le is te­ë­sin­nig om te te­ken, want sy het pas uit­ge­vind sy kan nie meer kin­ders hê nie, so hoe­kom moet sy Liz­zy weer prys­gee? “Daar is ’n sterk moont­lik­heid dat Rick en Ma­ya hul dog­ter kan ver­loor,” sê Ja­cob vir ons van­uit Los An­ge­les. “Rick moet se­ker maak dit ge­beur nie.”

Hoe sal Rick Ma­ya ver­se­ker al­les gaan

ou­kei wees met Liz­zy? Wan­neer Rick sy kop op iets sit, kry hy wat hy wil hê. Ma­ya weet dit. Diep bin­ne hom be­sef hy as hul­le Ni­co­le nie kan oor­reed om

die do­ku­men­te te te­ken nie, kan hul­le Liz­zy vir al­tyd ver­loor. Daar­om is hy vas­be­slo­te om dit te voor­kom. Wat dink Rick van Ju­li­us (Ob­ba Ba­ba­tun­dé) wat sy dog­ter Ni­co­le aan­moe­dig om nie die vorms te te­ken

nie? Ju­li­us was al­tyd teen Rick en Ma­ya ge­kant. Dit ver­baas Rick glad nie.

Gaan Ni­co­le dit te­ken? Sy kom tot haar sin­ne [op Maan­dag 30 Ju­lie]. Dis die reg­te ding om te doen en sy kan Ma­ya en Liz­zy nie uit­me­kaar hou nie. Ja­cob, hoe­veel van jou per­soon­li­ke le­we as

’n ge­sins­man het jy in die sto­rie­lyn be­lê? Ek bring al­tyd baie van my le­wens­ken­nis na my sto­rie­ly­ne. As ’n pa was dit vir my be­son­der na aan die huis [hy en sy mo­del­vrou, Chris­ten, het drie kin­ders: seun Lu­ke en dog­ters Mol­ly en Gra­ce]. Die sto­rie­lyn het be­slis aan my hart­strin­ge ge­pluk. • Lees meer op bl. 45.

Rick weet wat hy moet doen om Liz­zy in sy vrou Ma­ya se arms te hou.

Ja­cob het sy er­va­ring van pa-wees vir sy rol as pa op die skerm in­ge­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.