Pai­ge sien rooi

Pai­ge stel die pro­bleem vas en dwing haar ma en kê­rel om hul son­des te be­ly – op haar par­ty­tjie!

TV Plus (Afrikaans) - - DAYS -

As jy sou uit­vind jou ma en jou kê­rel – die ou by wie jy jou maag­de­lik­heid ver­loor het – het ag­ter jou rug seks ge­had en dis waar­skyn­lik die re­de hoe­kom hy jou ge­los en jou hart ver­trap het, sal jy: A Jou ma klap om­dat sy be­weer jy ‘‘droom’’ en het nie pas ge­hoor hoe hul­le hul af­fair be­spreek nie (Don­der­dag 19 Ju­lie)? B Die ver­jaar­dag­koek wat jou kê­rel op jou ver­ras­sings­par­ty vir jou ge­gee het, op die grond gooi, hom klap en dwing om voor jou gas­te te er­ken hy is ’n walg­li­ke klein mam­mie­mo­les­teer­der ( Vry­dag 20 Ju­lie)? C Of jou on­troue eks “daai kyk” gee wan­neer hy be­weer hy het jou ver­neuk (met jou ma) om­dat hy ge­voel het hy was nie goed ge­noeg vir jou nie (Maan­dag 30 Ju­lie)?

Wel . . . hoe­kom nie al drie nie? Be­hal­we moord is daar waar­skyn­lik min wat Pai­ge (True O’B­rien) nou kan doen wat ’n oor­re­ak­sie op die ont­hul­ling van JJ (Ca­sey Moss) se af­fair met haar ma, Eve (Kas­sie DePai­va), ge­noem kan word.

VER­GIF­NIS

“Ek dink dit sal moei­li­ker wees om Eve te ver­ge­we as JJ, want Eve is haar ma. Sy het aan haar die le­we ge­skenk. En daar­die vlak van ver­raad sny baie diep,” ver­dui­de­lik True. “Ie­mand wat jou he­le le­we saam met jou was, wat jou groot­ge­maak het, wat al­les saam met jou mee­ge­maak het, ie­mand vir wie jy so­veel e­ner­gie ge­bruik het om ná ramp­spoe­di­ge le­wens­er­va­rings te ver­sorg? Be­slis.” JJ en Eve se ver­raad gaan Pai­ge e­mo­si­o­neel breek. True sê: “Wan­neer jy ie­mand lief­het, wil jy hom haat, maar jy is baie lief vir hom, dit dryf jou voort. Dis teen­stry­dig. Jy het hul­le steeds lief, jy kan dit nie help nie”.

NIE GOED GE­NOEG NIE!

JJ ver­dui­de­lik sy keu­ses aan Pai­ge op Maan­dag 30 Ju­lie en dis ’n stryd, sê Ca­sey: “As jy glo jy is nie goed ge­noeg nie, soek jy re­des hoe­kom dit so is. Dus wan­neer die eer­ste ge­leent­heid op­duik waar jy kan be­wys jy is goed ge­noeg, spring jy daar­voor.”

Jam­mer JJ – ons sal steeds ‘‘daar­die ge­sig’’ op­sit en die lief­des­boe­we moet ver­sig­tig wees want hul­le gaan Pai­ge se don­ker kant sien. “Sy is Eve se dog­ter – die ap­pel val nie ver van die boom af nie. Wan­neer die on­skul­di­ge een strui­kel is dit ’n heel an­der sto­rie,” sê True vro­lik.

JJ se “be­ly­de­nis” be­derf Pai­ge se ver­ras­sings­par­ty.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.