Win­ter-won­der­land

Na­ta­ni­ël en E­rik vier die win­ter in Nantes.

TV Plus (Afrikaans) - - LEEFSTYL -

Die san­ger-aan­bie­der Na­ta­ni­ël is in sy e­le­ment wan­neer hy in die win­ter in Eu­ro­pa kui­er, want hy is mal daar­oor. “’n Mens kry dan die bes­te kos en dra­ma­tie­se kleu­re,” sê hy. Na­ta­ni­ël en sy jon­ger broer, E­rik le Roux, ’n op­ge­lei­de sjef wat reeds 12 jaar in Nantes, Frank­ryk, woon, het hul ta­len­te reeds drie sei­soe­ne lank van die stylvolle leef­styl­reeks Edik Van Nantes (kykNET, 2014-2017) saam­ge­voeg, maar het die reeks nog net in die len­te en so­mer ver­film. In die nu­we splin­ter­reeks trot­seer die twee broers vir die eer­ste keer die bib­ber­weer om die Eu­ro­pe­se kos en win­ter­tra­di­sies te be­kyk.

VEEL MEER AS KOS

Die reeks volg by­na die­self­de be­proef­de re­sep as die Edik Van Nantes-reekse, maar daar is ver­ras­sings, ver­tel Na­ta­ni­ël. “Dit is meer as ’n kos­reeks. Edik Van Nantes: Win­ter is ’n ge­skie­de­nis- en-leef­styl­pro­jek met sto­ries en ’n paar re­sep­te.”

Na­ta­ni­ël het die te­ma en in­houd van el­ke e­pi­so­de fyn be­plan en E­rik was ver­ant­woor­de­lik vir die lo­gis­tie­ke re­ë­lings aan sy tuis­front. “My voor­be­rei­ding in Frank­ryk het ’n paar maan­de voor die ver­fil­ming be­gin. Ek moes al die ge­skik­te plek­ke soos kas­te­le en kuns­ga­le­rye waar ons kon skiet, op­spoor en toe­stem­ming kry om daar te skiet,” sê E­rik.

BE­STAND­DE­LE EN WASLAPPE WAT VRIES

Die y­si­ge koue het sy plus­pun­te, maar ook uit­da­gings ty­dens ver­fil­ming. “Nie­mand sweet of kry warm voor die ka­me­ras nie,” sê Na­ta­ni­ël. “Dit was ’n paar keer ty­dens bui­te­lug­to­ne­le so koud my he­le lyf het in skok gegaan, maar dit was steeds draag­li­ker as toe ons die der­de sei­soen van Edik Van Nantes ty­dens ’n hit­te­golf ge­skiet het.”

E­rik sê se­ke­re groen­tes soos ta­ma­ties en kom­kom­mers is by­kans on­ver­kryg­baar in die win­ter. “Maar eint­lik het al­les seep­glad ver­loop,” voeg hy by. “Be­hal­we die een dag toe ons ty­dens ’n he­wi­ge sneeu­storm op die snel­weg vas­ge­keer was. Na­ta­ni­ël het uit pu­re frus­tra­sie ge­sig­te op sy sel­foon be­gin te­ken en die klank­man het volks­lied­jies be­gin neu­rie.”

Die heel erg­ste koue was toe hul­le die slo­te­pi­so­de moes skiet en die ter­mo­me­ter tot 17 gra­de on­der vries­punt ge­daal het. “Selfs die waslappe en be­stand­de­le het ge­vries, maar ek sal dit mô­re weer doen,” sê Na­ta­ni­ël.

HEGTE BROEDERSKAP

Spat die von­ke ooit wan­neer die twee sib­be aan een pro­gram werk en boon­op saam in die­self­de kom­buis kook? Na­ta­ni­ël sê: “E­rik los my uit om te doen wat ek doen en ek los hom (mees­al) uit. Ek twy­fel soms of dit wat hy be­oog by ons spe­si­fie­ke te­ma van die e­pi­so­de pas, maar dan lag hy net en doen in elk ge­val sy eie ding.”

E­rik be­aam daar’s ge­woon­lik har­mo­nie in die kom­buis. “Na­ta­ni­ël raak soms kwaad wan­neer ek my woor­de ver­geet, maar dis te ver­sta­ne want dan mors ek al­mal se tyd. Ek meng glad nie in met sy i­dees nie. Hy rol weer net sy oë as ek met ’n re­sep op­daag wat nie by die te­ma pas nie.”

Na­ta­ni­ël (regs) en sy broer E­rik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.