Twee­de Kans Op Lief­de

San­dra vind haar rid­der op die wit perd.

TV Plus (Afrikaans) - - KOMEDIE -

El­ke S­ke­we Pot Sei­soen 2 Maan­dae kykNET (*144) 20:30

“Die lief­de het be­slis nie ’n ou­der­doms­perk nie,” sê die ak­tri­se en skryf­ster Hélè­ne Tru­ter (57) wat die rol van San­dra, ei­e­na­res van die aan lyn-maat soek be­sig­heid El­ke S­ke­we Pot by die ak­tri­se Fran­ci

S­wa­ne­poel oor­ge­neem het. San­dra is kies­keu­rig wat mans be­tref en kon in die eer­ste sei­soen nie haar pot se dek­sel vind nie. “Maar in die nu­we sei­soen draai die ge­luks­wiel vir die ge­skei­de San­dra wan­neer sy die nu­we ei­e­naar van die ge­bou, Re­nier (Ke­vin S­mith), ont­moet,” ver­tel sy. “San­dra gee ou­er al­leen­lo­pen­de vroue som­mer weer hoop op die lief­de.”

VON­KE SPAT EERS

Daar is nie ’n kort­pad tot lief­des­ge­luk nie, ver­klap Hélè­ne. “San­dra en Re­nier stamp eers kop­pe en dis daai ti­pie­se haat-lief­de-ver­hou­ding, maar die lief­de oor­win met­ter­tyd.”

Wan­neer die vlam eers brand is daar pas­sie­vol­le soe­ne. “Dit was glad nie moei­lik om die lief­des­to­ne­le met Ke­vin te doen nie,” knip­oog sy. “Ke­vin is sexy en sjar­mant en dit verg nie veel to­neel­spel om te maak of jy ’n crush op hom het nie.”

Hélè­ne het die af­ge­lo­pe ruk baie lief­des­oe­fe­ning voor die ka­me­ra ge­kry. “Ek het al­tyd ge­dink ro­man­tie­se sto­rie­ly­ne is eint­lik vir die jon­ger ak­tri­ses be­sko­re, maar toe kry ek som­mer twee TV-ro­man­ses kort ná me­kaar,” terg die hoof­skry­wer van die dra­ma­reeks Swart­wa­ter (SABC2 2014, 2017 & 2018) waar­in sy ook die ko­mie­se rol van Mei­sie ge­speel het. Mei­sie het juis aan die ein­de van die twee­de sei­soen, wat on­langs uit­ge­saai is, lief­de by oom

Buks (Ger­ben Kam­per) ge­vind. “Mei­sie het, an­ders as San­dra, hals­oor­kop ver­lief ge­raak en die ar­me Buks som­mer be­spring! San­dra is da­rem meer sub­tiel.”

SKRYF EN TONEELSPEEL

Hélè­ne, wat des­tyds as Vet­koek­pa­leis se tan­nie Pop­pie (1989-2005) in ky­kers se hart ge­kruip het, het se­dert 1990 dik­wels ag­ter die ka­me­ras as skry­wer van ver­skeie se­pies soos E­go­li (1990-1996) en Ge­ne­ra­ti­ons (1997-2003) ge­werk, maar wan­neer ’n TV-rol na haar kant toe ge­kom het, het sy dit aan­ge­gryp.

Die rol van San­dra het in haar skoot ge­val. Sy het ein­de ver­le­de jaar drie e­pi­so­des (e­pi­so­des 5, 9 & 10) van El­ke S­ke­we Pot saam met ’n span skry­wers ge­skryf en in A­pril het die ver­vaar­di­ger Lu­ke Rous haar ge­vra om die rol by Fran­ci oor te neem. Fran­ci se rol in die ver­hoog­dra­ma Soe­bats­fon­tein het ge­bots met die ver­fil­ming van die twee­de sei­soen van El­ke S­ke­we Pot. “Ter­wyl ek die drie e­pi­so­des van die reeks ge­skryf het, het ek nie ge­droom ek sou self daar­in speel nie. Ek het da­de­lik in­ge­stem om dit te doen. Ek is mal oor ko­me­die en ek ken die ka­rak­ters.”

Hélè­ne het haar ha­re vir die rol don­ker­der ge­kleur maar an­der­sins glad nie pro­beer om San­dra soos Fran­ci te speel nie. “Ek wou my stem­pel op San­dra af­druk. Ek sal be­slis nie vir Fran­ci kon na­boots nie, sy praat baie vin­ni­ger as ek!”

Dink sy El­ke S­ke­we Pot gaan en­kel­lo­pen­des aan­moe­dig om op die in­ter­net pas­maats te soek? “Ek is se­ker baie en­kel­lo­pers raak ge­hol­pe op die in­ter­net of so­si­a­le me­dia. Die mees­te men­se is dees­dae so doe­nig op sel­fo­ne, ta­blet­te en re­ke­naars, hul­le gaan nie eens sien as hul droom­prins of -vrou ver­by hul­le s­tap nie . . . ” Maar ge­luk­kig het San­dra!

San­dra (Hélè­ne Tru­ter) vind lief­de in die twee­de sei­soen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.