Hul­le is te­rug

Die ster­re van Will & Gra­ce lag al die pad na die bank – hul­le is weer ’n TV-tref­fer . . . ná die reeks se her­le­wing.

TV Plus (Afrikaans) - - KO­ME­DIE -

Will & Gra­ce Sei­soen 9 Woens­dae M-Net (*101) 19:30 (be­gin 18 Ju­lie)

Sei­soen 9 van die ko­me­die Will & Gra­ce (1998-nou) werk om ver­skeie re­des, sê die skep­pers van die reeks, Max Mut­chnick en Da­vid Ko­han. “Ons het die oor­spronk­li­ke spe­lers, skry­wers en stem­ming te­rug­ge­bring. Dit werk om­dat ons voor­gee die tyd het stil­ge­staan. Dis die­self­de sto­rie.” Will (E­ric M­cCor­mack) en sy man het ’n ba­ba ge­had in die fi­na­le e­pi­so­des van sei­soen 8, as­ook Will se bes­te vrien­din Gra­ce (De­bra Mes­sing) en haar man. Weens ’n uit­val het hul­le 20 jaar lank nie met me­kaar ge­praat nie tot­dat hul kin­ders aan me­kaar ver­loof ge­raak het. Die me­lo­dra­ma­tie­se Jack en Ka­ren (Se­an Hay­es and Me­gan Mul­lal­ly) voer hul eie oor­log om­dat Ka­ren se vriend Be­ver­ley

Leslie (Leslie Al­len) al­tyd pro­beer om die gay Jack van Ka­ren te ver­vreem. Hoe het die ver­vaar­di­gers dus sin ge­maak van die ein­de van sei­soen 8? Die dra­ma­reeks Dal­las (1978-1990) het sy he­le sei­soen 9 in ’n droom ver­an­der, so Will & Gra­ce het ’n stap ver­der ge­gaan: die fi­na­le is ont­hul as ’n hal­lu­si­na­sie van die pil­ver­slaaf­de mar­ti­ni-drin­ken­de Ka­ren. Daar is geen kin­ders nie en al­mal is nog vrien­de.

TWEE­DE EER­STE HEL­LO’S

“Dis soos om te­rug te wees in 1998 en ons leer hier­die ka­rak­ters weer ken,” sê E­ric. “Jy ver­laat jou klein dor­pie [TV] en al­mal sê, ‘Ons sal jou nie mis nie’, en dan keer jy te­rug en vind uit al­mal het jou ge­mis, dit is reg­tig koel!” De­bra sê “dis moei­lik om dit werk te noem. Ons kom en lag van die gri­meer­stoe­le af tot by die laas­te to­neel­skoot.” Hul­le sien klaar uit na sei­soen 10 la­ter van­jaar, sê E­ric met ’n glim­lag: “Ons weet waar die groep staan; nou moet ons saam met hul­le groei. Ons het van die nu­we draai­boe­ke ge­lees en die werk wat die skry­wers s­kep is won­der­lik!”

DIE­SELF­DE DI­NA­MI­KA

Nog iets wat nie ver­an­der het nie is Will en Gra­ce se ver­blyf­re­ë­lings – hul­le is weer en­kel­lo­pend en on­der die­self­de dak. “Ons het weer die oor­spronk­li­ke di­na­mi­ka,” sê E­ric. “Moe­nie dink hul­le gaan hul neus uit me­kaar se lief­des­le­we en werk hou nie!” Hy spot nie. Pro­ku­reur Will gaan uit met ’n kon­gres­lid van­af e­pi­so­de 1 en bin­ne­ver­sier­der Gra­ce moet die Wit­huis op­knap. “Hul­le daag al­bei by die­self­de plek op en jy weet net die von­ke gaan spat,” sê De­bra.

Jack, Gra­ce, Will en Ka­ren is nog vol on­deund­heid.

Hul­le kom ’n lang pad van 1998 af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.