TV Plus (Afrikaans)

SHAMELESS

-

Die Gallaghers gaan nooit weer dieselfde wees ná seisoen 9 van Shameless (2011-nou) nie, want die een met ’n bietjie gesonde verstand gaan hulle verlaat – Emmy Rossum gaan nie meer hul oudste dogter Fiona speel nie. In ’n ope brief aanlyn het Emmy aan haar medesterre gesê: “Ek weet julle kan sonder my voortgaan. Daar moet nog heelwat van die Gallagher-verhaal vertel word . . .” Die produksieh­uis Showtime het onthul: “Emmy en Fiona sal altyd welkom wees om terug te keer as hulle so voel,” het die programmee­rhoof Gary Levine gesê, en daarop gesinspeel dat die karakter nie sal sterf nie. Sy sal verdwyn gedurende die seisoen, wat in twee helftes van sewe episodes elk verdeel word.

 ??  ?? Emmy Rossum verlaat haar Gallagher-familie in Shameless.
Emmy Rossum verlaat haar Gallagher-familie in Shameless.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa