TV Plus (Afrikaans)

Genoeg is genoeg

Liam bedank by die Stryders.

- Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Liam (David Johnson) is ’n rugbyspele­r met groot probleme. Sy hart is in stukke ná sy verhouding met sy fisioterap­eutmeisie Lindy (Chantal Stanfield) einde Augustus op die rotse geloop het. Kort voor lank is sy swak spel nie al waaroor mense gaan praat nie – sy vriendskap met die saloneiena­ar Bibi (Stephanie Baartman) laat die Stryder-vroue se tonge klap. Wanneer die vroue skindersto­ries daaroor versprei, verloor Liam sy humeur en plaas sy loopbaan in die gedrang.

ONSKULDIGE VRIENDSKAP

Dis duidelik Lindy is broos ná haar mislukte verhouding met Liam. “Sy hoop hulle kan op ’n manier versoen,” sê Chantal. Sy was dus op Dinsdag 25 September woedend toe sy en Kristien (Marlee van der Merwe), die Stryders se beeldpoets­er, sien hoe Liam en Bibi knussies in Potties kuier.

Maar Stephanie sê Bibi en Liam se vriendskap is allesbehal­we romanties.

Lindy en Kristien val Bibi op Donderdag 27 September aan oor haar belangstel­ling in Liam. “Hulle beskuldig Bibi daarvan dat sy Lindy verraai, wat sy weet nog na Liam smag. Bibi probeer hard om hulle te oortuig daar is niks behalwe vriendskap tussen haar en Liam nie, maar haar pleidooi val op dowe ore,” sê Stephanie.

LIAM GRYP IN

Die skindersto­ries oor Liam en Bibi se “verhouding” bereik Liam se ore op Vrydag 5 Oktober, en hy is dadelik woedend. “Hy weet sommer Kristien sit agter die stories en besluit om haar en Lindy te gaan konfrontee­r,” sê David.

Hy trap albei uit en waarsku hulle om van Bibi af weg te bly. Maar Bart (Pierre Breytenbac­h), Kristien se man en hoof- uitvoerend­e beampte van die Stryders, vat hom op Maandag 8 Oktober aan omdat hy teenoor sy vrou uitgevaar het en eis ’n verskoning.

“Die konfrontas­ie is die laaste strooi,” sê David. “Liam is gatvol vir al die drama en nou verwag Bart ’n verskoning. Dit sal die dag wees! Liam sal eerder iets drasties doen,” skimp hy.

 ??  ?? Bart en Kristien (inlas) laat Liam ’n drastiese stap neem. Bibi (regs) geniet ’n drankie saam met Liam.
Bart en Kristien (inlas) laat Liam ’n drastiese stap neem. Bibi (regs) geniet ’n drankie saam met Liam.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa