TV Plus (Afrikaans)

Wie het die laaste sê?

Net omdat Yvonne, vrou nr. 2, uit die Langa-herehuis geskop is, beteken dit nie sy is uit die familie se lewe nie.

-

Die selferkend­e fortuinsoe­ker Yvonne (Kgomotso Christophe­r) is erg ontsteld oor haar man

Siseko Langa (Hlomla Dandala) se skielike heengaan middel Augustus. “Almal het gesê: ‘Daar gaan jou behoud, wat gaan jy nou doen?’” erken Kgomotso. “En dít is wat sy haarself wysgemaak het. Maar die manier waarop die storielyn geskryf is, sal die kykers nie werklik kan sien wat haar reis is nie.” Om die waarheid te sê, ons sien net flitse van hoe sy geraak word deur haar man se dood, want sy is te besig om weer op haar voete te kom om behoorlik te treur. “Siseko se eerste vrou, Boniswa (Lusanda Mbane), en Siseko se kinders het haar afgeskryf. Toe hulle die laaste keer gepraat het, het Siseko vir Yvonne gesê sy is uit die testament weggelaat, sy moet dus ’n nuwe lewe sonder enigiets van Siseko beplan,” voeg Kgomotso by.

IN SAK EN AS

Terwyl Yvonne aan die binnekant treur nadat sy haar geliefde man verloor het en by Q’s-bistro werk, is sy onbewus van die drama wat sedert Dinsdag 25 September aan die opbou is in die Langa-huis toe ’n prokureur die familie gebel het oor die lees van Siseko se testament. “Hy is weg. Sy liefde is weg. Sy geld is weg. Alles is weg. Yvonne is op haar laagste punt,” onthul Kgomotso. “Sy verwag niks nie. Sy verwag nie om in die testament genoem te word nie en sy verwag geen konfrontas­ie van sy familie nie, want sy is nie meer deel van daardie groep nie. Sy is nie welkom terwyl hulle treur nie.” Maar terwyl Yvonne probeer om die dak bo haar kop te hou as die jongste gas in die Newtonian, probeer haar vriend en vyand Layla (Natasha Sutherland) kop bo water hou.

GEHEIME INLIGTING

As Siseko se regterhand was dit Layla se werk om al sy papierwerk af te handel. Papierwerk wat prokureurs insluit, wat Layla op Donderdag 27 September onverwagte hoofbreken­s besorg. “Omdat Yvonne nie die eerste vrou is nie, is sy nie geregtig op enige inligting nie,” verduideli­k Kgomotso. “Sy het niks met die familie te doen nie en hulle wil niks met haar te doen hê nie. Maar wat Yvonne nie weet nie, is Layla het geheime inligting wat sy nie weet of sy iemand daarvan moet vertel nie [op Vrydag 28 September].” Ons weet een ding van Scandal!, hoe meer jy ’n geheim wil hou, hoe groter is die verrassing wanneer dit onthul word . . .

 ??  ?? Yvonne het geen idee van die drama wat rondom haar opbou nie. Layla en Boniswa is glad nie ingenome om Yvonne, die Langa-vrou wat uitgeskop is, te sien nie.
Yvonne het geen idee van die drama wat rondom haar opbou nie. Layla en Boniswa is glad nie ingenome om Yvonne, die Langa-vrou wat uitgeskop is, te sien nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa