TV Plus (Afrikaans)

Almal soek die selfoon

GC se afpersplan kry die wind van voor weens die gierige Fikile.

-

Hy lyk dalk na die buurt se vriendelik­e skinderkon­ingin, maar die salonster GC (Khaya Dladla) weet hoe om vuil te speel as hy moet. Soos op Woensdag 26 September wanneer hy afpersing gebruik om sy Glam Squaddiens te red. “En hy soek nie kleingeld nie,” sê Khaya met ’n stoute laggie. “Hy dring aan op ’n stewige som!” GC het ’n video in die hande gekry van die kerkleier Gabisile (Baby Cele) wat haar baie heilig hou en wat kafoefel met Qhabanga (Siyabonga Shibe) – allesbehal­we ’n agtermekaa­r inwoner. “Gabi moet opdok, of hy gaan die video lek,” vertel Khaya.

RED DIE REPUTASIE

Met haar reputasie op die spel roep Gabi op Dinsdag 2 Oktober die hulp van GC se kollega Fikile (Nelisa Mchunu) in om GC se selfoon vir haar te steel, maar Gabi is versigtig om nie te verklap wat op die foon is nie. Die plan gaan boemerang, sê Khaya, want “Fikile het haar eie planne. Sy wil ook geld hê!” Fikile gaps GC se foon wanneer hulle by die klub is op Woensdag 3 Oktober, maar pleks om dit vir Gabi te gee, vat Fikile dit huis toe. “Sy reken daar moet iets interessan­ts op wees as Gabi bereid is om daarvoor te betaal,” onthul Khaya. “Jy moet GC se gesig sien wanneer hy besef sy foon is weg. Dis skreeusnaa­ks!” GC probeer uitwerk waar hy sy foon verlê het, en boonop is hy bekommerd hy sal nie meer voorrade vir sy grimeerspa­n kan koop nie. “GC dink hy’t die oorlog en sy besigheid verloor. Dinge kan nie erger nie,” voeg Khaya by. Maar dink weer, GC!

MOEILIKHEI­DMAKER

Fikile se kêrel Sbu (Simphiwe Majozi) omseil die pin-nommer op GC se foon op Maandag 8 Oktober en sonder om vir Fikile te sê, plaas hy die video aanlyn. “Sbu doen dit uit venynighei­d. Hy geniet dit om moeilikhei­d te maak,” verduideli­k Khaya. Die video versprei soos ’n veldbrand en die gemeenskap is verstom. “Niemand het verwag die nougesette Gabisile sou Qhabanga soen nie. Maar hoewel Gabi Fikile iets gevra het, waarin sy misluk het, was GC haar eintlike probleem,” sê Khaya. “En wanneer jy met Gabi swaarde kruis, moet jy op jou hoede wees. GC gaan van sy eie medisyne proe, en dit gaan nie lekker smaak nie . . .”

 ??  ?? Gabi (heel bo) stuur Fikile om haar probleem op te los, maar dit lei tot moeilikhei­d. GC is ingenome met homself en dink sy vinnige geldmaakpl­an gaan werk.
Gabi (heel bo) stuur Fikile om haar probleem op te los, maar dit lei tot moeilikhei­d. GC is ingenome met homself en dink sy vinnige geldmaakpl­an gaan werk.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa