TV Plus (Afrikaans)

My bestie se ou

Reneilwe word ’n vriendin wat ook ’n vyand is in net een date wanneer sy met Pearl se ekskêrel Mzi flankeer.

-

“Pearl (Petronella Tshuma) het Reneilwe nooit vertel sy date Mzi (Jesse Suntele) nie, net dat sy klaar is met hom,” verduideli­k Amo Chidi, wie se karakter Renei baie van Mzi hou. Maar Pearl gaan dit nie so beskou wanneer sy Mzi op Donderdag 4 Oktober by Renei sien nie. “Renei is verlief op Mzi,” voeg Amo by. “Dit lyk of hy in haar ook belangstel; dis hoekom sy hom soen [op Vrydag 28 September].” Renei besef nie hy gebruik haar net om van Pearl te vergeet nie “en dit vererger dit, want haar vriendskap met Pearl is in die gedrang oor Mzi”, sê Amo. “Die arme Reneilwe het geen idee waarin sy haar begewe nie.”

TAFEL VIR DRIE

Die tafel is gedek, die kerse brand en dinge lyk goed, sê Amo. “Sy dink daar’s ’n vonk tussen haar en Mzi – hulle flirt en dit lyk of hul date-aand ’n treffer is.” Dis tot daar ’n klop aan Reneilwe se woonstelde­ur is op Donderdag 4 Oktober. Dis Pearl, wat met haar bestie wil gesels en ’n bietjie versekerin­g nodig het om beter te voel ná sy en haar kêrel middel September uitgemaak het. Renei nooi Pearl in, reg om met haar nuwe ou te spog, maar Amo sê daar is “skielik ’n ongemaklik­e spanning. Pearl en Mzi staan net daar en staar na die grond en sê niks nie.” Renei merk dit nie, maar aan die einde van die aand bars haar borrel wanneer Mzi haar vertel hy is Pearl se eks. “Sy voel dadelik onseker,” sê Amo. “Mzi beskryf die intensitei­t van sy verhouding met Pearl. Hulle het alles probeer om dit te laat werk, maar die feit dat hul pa’s geswore vyande is het hulle uitmekaarg­edryf. Miz het duidelik nog gevoelens vir Pearl, maar Renei ignoreer die waarskuwin­gstekens,” vertel Amo.

ENIGSTE VERKLARING

Reneilwe konfrontee­r Pearl op Dinsdag 9 Oktober oor haar radiostilt­e ná Renei se date-aand, maar Pearl bly stil. “Sy sê vir Renei sy wil niks met haar eks te doen hê nie, dus verstaan Renei nie hoekom Pearl so moeilik is nie,” sê Amo. “Die enigste verklaring is Pearl is nog nie oor Mzi nie. Reneilwe is nie blind nie, sy kan deur hul leuens sien.” Pearl kan tob soveel sy wil omdat Renei vir Mzi het. Of het sy?

 ??  ?? Pearl (inlas) kan nie glo Reneilwe maak ogies vir haar eks Mzi nie.
Pearl (inlas) kan nie glo Reneilwe maak ogies vir haar eks Mzi nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa