TV Plus (Afrikaans)

Sharp Objects

Seisoen 1 M-Net (*101) 22:05 Drama

-

Vir die gevierde aktrise Amy Adams was die rol van die gebroke alkoholisk­arakter Camille Preaker in die 2018Minire­eks Sharp Objects “die skrikwekke­ndste maar ook mees louterende ondervindi­ng van my loopbaan tot dusver. Ek het nie haar donkerte en die diepte van haar interne woede nie, maar die hartseer wat jou kan dryf om jouself so seer te maak? Ek dink ek het dit.”

Maar ná sy haar karakter se littekens gesien het, erken Amy sy sou bang wees om haarself te sny. “Ek het nakend daar gestaan vir drie tot vier uur terwyl hulle die snymerke op my geplak het. Ek kon dit goed sien. Wat moet ’n mens deurmaak om dit aan jouself te doen?” Die reeks is gegrond op die gelyknamig­e 2006-roman deur Gillian Flynn, en sy sê Amy was haar enigste keuse om die joernalis Camille te speel. “Ek dink nie ander aktrises sou dit regkry om Camille se weerlooshe­id uit te beeld nie terwyl haar ma haar dwing om haar demone in haar tuisdorp te beveg.”

Buiten die grusaamhei­d van die twee moorde waaroor Camille verslag doen, word sy ook gekonfront­eer deur haar alkoholism­e en haar suster se dood wat haar as tiener in ’n psigiatrie­se kliniek laat beland het. Haar sosialevli­nderma, Adora (Patricia Clarkson, Jane in die politieke drama House Of Cards, 2013-nou), help nie met haar baaspeleri­gheid nie, maar Camille kry verligting in die vorm van

speurder Willis (Chris Messina, dr. Daniel in The Mindy Project, 2012-2017), wat die polisiesaa­k lei. En as die jong Camille in terugflits­e bekend lyk, sy word gespeel deur Sophia Lillis, Beverly in die 2017-gruwelflie­k IT.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa