KAN DIE NU­WE VER­HOU­DING WERK?

TV Plus (Afrikaans) - - BINNELANDERS -

Na­o­mi en Lou­is is in­der­daad goeie pas­maats, sê Ger­mandt. “Aan die be­gin gaan dit ’n aan­pas­sing wees om­dat daar ’n klem­ver­skui­wing is van goeie vrien­de na ’n ver­lief­de paar­tjie. In die sta­di­um is dit eu­fo­rie­se lief­de wat dalk la­ter gaan af­koel. En ui­ter­aard gaan daar – soos in e­ni­ge ver­hou­ding – ’n paar haak­plek­ke wees. Maar die twee ken me­kaar so goed, hul­le sal dit in ’n jap­trap uit­stryk,” voeg Ger­mandt by.

Je-ani stem saam. “Vriend­skap is ’n ste­wi­ge fon­da­ment vir die lief­de. Lou­is en Na­o­mi vul me­kaar goed aan en hul per­soon­lik­he­de ba­lan­seer me­kaar. Waar Lou­is soms hals­oor­kop en im­pul­sief is, is Na­o­mi die be­re­ken­de een wat ’n saak eers goed deur­dink voor­dat sy tot aksie oor­gaan,” sê Je-ani.

Mer­cia krap die ver­lief­des se sa­ke deur­me­kaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.