Vreem­de ge­beu­re en nu­we lief­des

7de Laan Week­dae SABC2 (*192) 18:00

TV Plus (Afrikaans) - - 7DE LAAN-VOORSKOU -

OK­TO­BER

Xan­der wil die ver­le­de af­sluit en be­gin be­plan aan ’n nu­we toe­koms, en hy hoop Le­se­di kan deel daar­van wees. Ag­gie vind uit­ein­de­lik haar ver­lo­re ver­loof­ring, en die Heig­hts se in­wo­ners pro­beer nor­maal aan­gaan ná die pro­ble­me wat hul­le die vo­ri­ge dag in die ge­bou on­der­vind het. Le­se­di deel haar be­kom­mer­nis­se met Fi­ka­ni, Ric­kus wil niks meer met O­li­via te doen hê nie, en Wil­lem kom uit­ein­de­lik ag­ter die kap van die byl oor wat werklik met Ric­kus ge­beur het ná sy laas­te ge­veg by die Leef Of Ly-ge­veg­klub. Con­nie neem ’n be­lang­ri­ke be­sluit oor haar toe­koms met An­dré, en ’n op­ge­won­de Bo­ni­ta be­plan Da­niel se ver­jaar­dag. Jus­tin sit Va­nes­sa op haar plek, T­ho­mas (Vi­an Sing­le­ton) en Es­ti bring ge­hal­te­tyd saam deur, en Bo­ni­ta laat vaar haar ge­voe­lens vir Xan­der. Chris word in die Hill­si­de-hos­pi­taal op­ge­neem, en A­lexa dink dis weens te veel stres. Ma­ri­aan se le­we word on­her­roep­lik ver­an­der, en sy weet nie of sy die te­rug­slag sal kan oor­leef nie. C­har­mai­ne is ge­skok wan­neer sy ie­mand van haar ver­le­de raak loop, en Ja­cob is nie ge­luk­kig met die stand van sa­ke in sy dog­ter se le­we nie. Ma­tro­ne en Mar­ko pro­beer die ge­vaar- li­ke si­tu­a­sie in die Laan be­red­der, en Xan­der is be­kom­merd oor Kar­men se vei­lig­heid. Vin­ce het ’n moei­li­ke kli­ënt in die Be­leef- de­li wat sy ge­duld toets en Wil­lem praat o­pen­har­tig oor sy eg­skei­ding en hoe erg dit hom ge­tref het.

NO­VEM­BER

Fran­cois pro­beer die Hill­si­ders dwing om sy nu­we le­wens­wy­se na te volg, Ric­kus ver­klaar weer sy lief­de vir Su­na (A­nel­le Be­ster), en Die­de­rik en O­li­via se vriend­skap word erns­tig. Ma­ri­aan kan nie glo Chris het vir haar ge­jok nie, Xan­der en Le­se­di se ver­hou­ding blom be­hoor­lik, en An­dré en Con­nie se ver­hou­ding gaan deur troe­bel wa­ter. Jus­tin pro­beer aan­gaan met sy le­we ná sy be­trok­ken­heid by die Leef Of Ly-ge­veg­klub, An­dré se ge­we­te pla hom oor wat met Ric­kus ge­beur het, en hy be­sluit om oop kaar­te daar­oor met Con­nie te speel. Ag­gie en Vin­ce se trou­re­ë­lings vor­der fluks, en Mar­ko en Es­ti gaan op ’n spe­si­a­le val­skerm­spring­af­spraak.

DE­SEM­BER

Ma­ri­aan suk­kel om te aan­vaar dat din­ge so skeef in haar hu­we­lik ge­loop het. En sy won­der of sy ooit weer ’n ge­luk­kig Kersfees saam haar fa­mi­lie gaan hê. A­lexa kry ’n nu­we lief­des­be­lang­stel­ling.

Ma­ri­aan en Chris se le­we ver­an­der on­her­roep­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.