Is dit jy, Ou Kro­ko­dil?

Oom Fran­cois is te­rug in die Laan, maar daar is iets vreemds aan hom. 7de Laan Week­dae SABC2 (*192) 18:00

TV Plus (Afrikaans) - - 7DE LAAN -

Veer­tien jaar ge­le­de het ons Hill­si­de se oor­spronk­li­ke skin­der­bek, oom Fran­cois Ros­souw (Chris van Nie­kerk), vaar­wel toe­ge­roep toe hy e­wi­ge trou aan sy ek­sen­trie­ke lie­fie Ka­tin­ka (S­ha­reen Swart) ge­sweer het. En nou ver­skyn hy weer in die Laan – maar die Fran­cois wat ons ont­hou is nie die Fran­cois wat ons nou op die kas­sie gaan sien nie.

TAAI KLAPPE

“Hy is so mal soos ’n haas,” ver­tel Chris oor sy ka­rak­ter. “Fran­cois is nie meer die Ou Kro­ko­dil van Hill­si­de nie. Die le­we het hom ’n paar taai klappe ge­gee wat hom in ’n heel­te­mal an­der mens ver­an­der het. Sy ver­hou­ding met Ka­tin­ka het kort ná hy Hill­si­de ver­laat het ver­brok­kel, en toe trou Fran­cois met Su­san [wat ons nie op die skerm sien nie].”

Sy was ’n won­der­li­ke vrou, maar is dood toe haar en Fran­cois se huis af­ge­brand het na­dat ’n e­lek­trie­se kom­bers vlam ge­vat het. “Haar dood was te erg vir Fran­cois om te ver­werk, en hy het sy greep op die werk­lik­heid ver­loor,” ver­tel Chris.

As die kom­bers nie daar was nie, sou daar nooit ’n vuur ge­wees het nie. “Fran­cois het van daar­die dag af be­sluit om son­der teg­no­lo­gie en e­lek­tri­si­teit oor die weg te kom. Hy het hom­self van die sa­me­le­wing af­ge­son­der en Ha­ven be­gin – ’n teg­no­lo­gie­vry ge­meen­skap met die hoof­doel om die voor­uit­gang van Moe­der Aar­de op ’n na­tuur­li­ke ma­nier te be­skerm.”

VREEM­DE MEN­SE

Fran­cois en sy ge­meen­skap het op Maan­dag 1 Ok­to­ber die eer­ste keer op­ge­duik toe hul­le af­kom op die be­wus­te­lo­se Ric­kus (An­dré Lot­ter) by ’n ver­la­te ri­vier na­by hul wo­ning. Die me­di­ci van Ric­kus se Leef Of Ly-ge­veg­klub het hom daar aan sy lot oor­ge­laat ná sy laas­te ge­veg (op Vry­dag 21 Sep­tem­ber). Ons was oor­tuig daar­van Ric­kus is dood, maar Fran­cois en die Ha­ven-men­se kry hom op Woens­dag 10 Ok­to­ber weer op die been. An­dré sê Ric­kus het nie ’n i­dee wat aan­gaan nie. “Sy ge­heue is aan­ge­tas ná die ge­veg, en nou be­vind hy hom in hier­die vreem­de ge­meen­skap.” Wat din­ge vir hom nog meer bi­sar maak, is dat hy in sy be­ne­weld­heid een van die Ha­ven­men­se her­ken. Dis nie­mand an­ders nie as Su­na (A­nel­le Be­ster), ’n voor­ma­li­ge Hill­si­der saam met wie Ric­kus in Ju­lie 2016 in ’n vlieg­on­ge­luk was.

BREINSPOELING EN INDOKTRINASIE

Chris ver­tel ons meer van Su­na. “Sy is Su­san se dog­ter en Fran­cois se stief­dog­ter. Ná die vlieg­on­ge­luk was sy erg ge­skend en het be­sluit om die ge­va­re van teg­no­lo­gie ag­ter te laat en ’n een­vou­di­ge le­we te lei.” Sy het in Ju­lie 2016 uit Hill­si­de ge­vlug. “So het sy deel ge­word van Fran­cois se ge­meen­skap.”

An­dré sê Su­na toor met Ric­kus. “Des­tyds was daar klaar iets aan die gang tus­sen die twee. As dit nie vir die vlieg­on­ge­luk was nie, was daar die kans dat hul­le ’n paar­tjie kon word. En nou, in sy ver­swak­te toe­stand en met sy ge­heu­e­ver­lies, ma­ni­pu­leer en brein­spoel Su­na vir Ric­kus om deel van hul ge­meen­skap te word en van sy ou le­we in Hill­si­de te ver­geet.”

In­tus­sen be­gin oom Fran­cois op Don­der­dag 11 Ok­to­ber aan ’n plan werk om sy oor­tui­gings met die res van die wê­reld, en spe­si­fiek 7de Laan, te deel. En dit gaan nie op ’n vreed­sa­me ma­nier ge­doen word nie. “Ric­kus is die pi­on wat hy wil ge­bruik,” ver­dui­de­lik Chris. Deur indoktrinasie maak hy Ric­kus deel van die Ha­ven-ge­meen­skap en word Ric­kus oom Fran­cois se sol­daat in die bui­de­wê­reld, wie se ta­ke hy met die groot­ste ple­sier sal uit­voer.

Oom Fran­cois (links) hou Ric­kus aan die le­we.

Fran­cois saam met Ka­tin­ka op hul trou­dag.

Die Ha­ven-ge­meen­skap se spen­se be­vat geen luuks­he­de nie. Net een­vou­di­ge pro­duk­te soos groen­te en die ba­sie­se eet­ge­rei.

Die le­de van die Ha­ven-ge­meen­skap bly die wo­nings. Al­les is een­vor­mig en kleur­loos. Hul­le e­nig­ste vorm van lig is ker­se teen die mu­re en op die ta­fels.

Su­na smok­kel met Ric­kus se kop en ge­voe­lens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.