Veg­ters­gees

Ni­na se bors­kan­ker­di­ag­no­se gaan haar nie on­der­kry nie.

TV Plus (Afrikaans) - - GETROUD MET RUGBY -

Ge­troud Met Rug­by Week­dae kykNET (*144) 21:00

Ni­na (Jo­ce­lyn Bro­de­rick) se le­we het ein­de Sep­tem­ber tot stil­stand ge­kom toe bors­kan­ker by haar ge­di­ag­no­seer is. “Die nuus het haar ver­plet­ter,” sê Jo­ce­lyn, “maar Ni­na is ’n sterk vrou met ’n veg­ters­gees en sy gaan te­rug­ba­klei om te bly leef.” Tog lê daar ’n lang pad van toet­se en be­han­de­lings voor, maar met haar vrien­de en fa­mi­lie se on­der­steu­ning is die op­draan­des dalk nie te steil nie.

VER­WAG DIE ERG­STE

Ni­na is ’n se­nu­wee­bol op Dins­dag 16 Ok­to­ber wan­neer sy die uit­slag van haar fa­se­toet­se kry. “Haar ge­dag­tes gaan op hol en sy ver­wag die erg­ste. Sy vind uit sy het trip­pel ne­ga­tie­we kan­ker (’n ti­pe hor­moon­re­sep­tor wat die aard van die kan­ker be­paal). Die kan­ker het nog nie ver­sprei nie, maar die ge­was­se in al­bei haar bors­te het vin­nig ge­groei,” ver­dui­de­lik Jo­ce­lyn.

Dis baie om te ver­werk en Ni­na moet ’n groot be­sluit neem: Gaan sy die ge­was­se laat uit­sny en che­mo­te­ra­pie kry, of gaan sy vir ’n dub­be­le ma­stek­to­mie?

TROE­BEL WA­TERS

“Woor­de kan nie be­skryf hoe moei­lik die be­sluit vir Ni­na is nie,” sê Jo­ce­lyn. “Sy is klaar deur so­veel troe­bel wa­ters, ver­al met haar mis­kraam ver­le­de jaar [in Au­gus­tus] wat haar tot in haar diep­ste we­se ge­ruk het. Dit was hel om daar­mee vre­de te maak, maar nou staar ’n an­der soort hel haar in die ge­sig. En as sy die ver­keer­de keu­se maak, kan sy haar kan­se op moont­li­ke her­stel en re­mis­sie be­lem­mer.”

Gi­de­on (Da­vid Vlok), Ni­na se man, kry op Woens­dag 17 Ok­to­ber ook swaar weens sy vrou se di­ag­no­se, maar hy doen sy bes om haar te on­der­steun en kalm te hou ter­wyl sy haar op­sies oor­weeg. “Gi­de­on wys nie som­mer sy e­mo­sies nie, maar in dié ge­val sien ky­kers hoe sy hart breek vir Ni­na. Maar ten spy­te daar­van pro­beer hy sterk bly om haar ont­hal­we en is pal aan haar sy,” sê Jo­ce­lyn.

STEUN VAN ORAL

Ni­na neem op Vry­dag 19 Ok­to­ber ’n be­sluit oor haar be­han­de­ling. “Sy gaan ’n dub­be­le ma­stek­to­mie on­der­gaan en haar bors­te laat re­kon­stru­eer.” Al­mal on­der­steun haar – haar kin­ders Lo­ret­te en Tom­mie (Il­se-Lee van Nie­kerk en Ar­no G­reeff) wat tans oor­see is, en op plaaslike bo­dem ook haar jong­ste dog­ter, Chris­sie (Me­lis­sa Wil­le­ring), en oud­ste spruit, Reitz (Se­an van Noord­wyk). Ni­na se vrien­din­ne, die sus­ters Ma­ry­ke en

Ju­lia (Ma­rij­ke van der West­hui­zen en Zet­ske van P­let­zen), stig op Maan­dag 22 Ok­to­ber ’n pri­vaat oe­fen­groe­pie om saam met Ni­na te oe­fen. Hul­le wil haar help om fi­sies sterk te bly en haar e­mo­si­o­neel by­staan voor haar groot o­pe­ra­sie. Dit klink soos kos vir die lig­gaam en siel!

Ni­na ver­tel Ma­ry­ke (in­las) van haar di­ag­no­se.

Gi­de­on is ’n steun­pi­laar vir sy vrou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.