Doods­ge­vaar en ou be­ken­des keer te­rug

Binnelanders Week­dae kykNET (*144) 19:30

TV Plus (Afrikaans) - - BINNELANDERS-VOORSKOU -

OK­TO­BER

Lou­is ver­stom sy ma, Mer­cia, met sy on­se­ker­heid, Ter­ti­us maak ’n plan met sy dog­ter­tjie, Ni­na (Le-an­che van den Berg), en At moet vin­nig dink om van die af­per­ser on­slae te raak wat sy hos­pi­taal dreig. Dit word gou dui­de­lik Le­ti­tia Sny­man (Ri­ka Sen­nett) speel ’n sleu­tel­rol in die pro­ble­me wat die kli­niek er­vaar, Es­ra word aan Piet se ge­na­de oor­ge­laat, en Lou­is speel oop kaar­te met Na­o­mi oor sy kin­der­ja­re. Die Bin­ne­land-kli­niek is op soek na ’n nu­we as­sis­tent-ma­tro­ne en Mer­cia be­sluit om daar­voor aan­soek te doen. Tru­die is oor­ge­haal om vir Ni­na ’n kos­tuum te maak, en Na­o­mi soek raad by An­ne­li­ze.

NO­VEM­BER

Die Sny­man-pa­to­geen word ’n groot ge­vaar waar­op nie­mand voor­be­reid is nie, en in­dien dit in die ver­keer­de han­de be­land, kan dit der­dui­sen­de men­se se le­we ver­woes. Ter­ti­us en At Kos­ter sal hul ver­skil­le uit die weg moet ruim, en in­tus­sen speel daar ’n kon­fron­ta­sie by ’n plaas­huis in die mid­del van nê­rens af wat ook deel uit­maak van die­self­de dra­ma. An­ne­li­ze pro­beer haar ja­loe­sie in toom hou wan­neer die lief­de tus­sen ’n an­der paar­tjie blom, Li­ka en Ter­ti­us moet be­sin oor hul ver­hou­ding, en At se broer Kal­lie Kos­ter (To­bie Cron­jé) kom huis toe en hy wil die Kos­ters graag her­e­nig sien. Mer­cia se ge­raam­tes be­gin uit die kas tui­mel.

DE­SEM­BER

Tru­die is be­sig met haar eind­ek­sa­men, maar die pla­neet se toe­koms rus op haar smal skou­ers. E­ben (Zak Hen­drikz) maak ’n nu­we vriend, Zac (Jo­van Muthray), in die tronk, maar Zac het sy eie i­dees oor hoe die toe­koms vir hul­le moet uit­speel. Dr. S­te­ve raak ver­stren­gel in ’n web van leu­ens en pro­beer keer dat die pa­si­ënt Tra­cy (Me­lin­da B­rink) se sto­rie op die lap­pe kom. Maar dan bars die bom, wat ’n toets vir S­te­ve se in­te­gri­teit is. Ge­luk­kig vir S­te­ve keer een van sy ge­lief­des te­rug, maar dan ver­skyn sy skoon­pa, Tim Jan­tjies (Les­ley Fong), weer op die to­neel, wat nu­we pro­ble­me be­te­ken. Ter­ti­us is op Ou­jaars­aand in ’n on­ge­luk, maar die be­stuur­der van die an­der mo­tor is ’n bok vir sports, en dit lyk of Con­rad sy oog op ’n nu­we lief­de het. ’n Don­ker wolk hang oor die Bin­ne­land-kli­niek, en dit ver­oor­saak dat Lou­is op niks en nie­mand an­ders as sy fa­mi­lie wil fo­kus nie.

E­ben (regs) kon­kel van­uit die tronk oor die foon, en sy nu­we vriend Zac (links) be­te­ken moei­lik­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.