Ten­da op die oor­logs­pad

Li­vhu­wa­ni is in ge­vaar wan­neer haar man in woe­de uit­bars.

TV Plus (Afrikaans) - - MUVHANGO -

Mu­vhan­go Week­dae SABC2 (*192) 21:00

Li­vhu­wa­ni (An­za­ni Ts­hi­vha­se) het haar­self oor­tuig al­les is wel tuis, maar dit is pre­sies die teen­oor­ge­stel­de. Haar man, Ten­da­mu­d­zi­mu (Nat Ra­ma­bu­la­na), be­weer hy het haar ver­ge­we vir haar af­fair in Ju­lie met A­z­win

di­ni (Ga­briel Te­mu­d­za­ni), maar in­der­waar­heid is dit al wat in sy ge­dag­tes is, waar­sku Nat. “Haar ver­raad knaag aan hom, en dit maak hom ui­ters ge­vaar­lik.” Pre­sies hoe ge­vaar­lik is iets wat die niks­ver­moe­den­de Li­vhu­wa­ni bin­ne­kort gaan uit­vind.

VIGSBOM

Li­vhu is ver­stom op Woens­dag 10 Ok­to­ber wan­neer Ten­da uit die blou­te ’n vigs­toets in haar skoot smyt. “Na­tuur­lik maak dit haar kwaad,” sê die ge­ïr­ri­teer­de An­za­ni. “Sy voel soos ’n goed­koop slet.” A­z­win­di­ni se on­trou­heid is le­gen­da­ries in T­hat­he en Ten­da ge­bruik dit om Li­vhu te wys wat sy aan hom ge­doen het – en hy ver­trou nie die voor­ma­li­ge stam­hoof nie. “Li­vhu­wa­ni wei­er om die toets te laat doen en dit vuur Ten­da ver­der aan, hoe­wel hy aan­vank­lik niks sê nie,” sê Nat. “Sy wys hom pre­sies hoe on­be­trou­baar sy is. Hy wil haar eint­lik klap, maar trek sy a­sem in en stap uit.”

PRETBEDERWER

Op Maan­dag 15 Ok­to­ber is Ten­da se bui don­ker en Li­vhu­wa­ni be­sef sy is steeds in die moei­lik­heid wan­neer haar man haar skel. “Hy ver­klei­neer haar ag­ter ge­slo­te deu­re, maar so­dra ie­mand in die rond­te is, gee hy voor al­les is wel,” voeg Nat by. ’n Mens kan ver­wag A­z­win­di­ni sal Ten­da se slegte kant na vo­re laat kom wan­neer Li­vhu en Ten­da ’n par­ty­tjie by die ko­nings­huis by­woon. “Hy sien die vonk tus­sen hul­le (A­z­win­di­ni en Li­vhu) en hy knak voor al­mal. Hy ver­skree haar voor die an­der gas­te.” Dit is toe dat Ten­da hoor wat hy nog al­tyd wou hoor: ’n be­traan­de er­ken­ning van sy vrou dat N­di­wan­ga (Ga­briel­le Tai­wo) A­z­win­di­ni se dog­ter is. Li­vhu hard­loop be­skaamd uit die ko­nings­huis, maar wan­neer Ten­da la­ter die aand tuis kom, is Li­vhu en N­di­wan­ga skoon­veld.

GESOEK

Ten­da deur­soek die dorp vir sy vrou en vind haar op Woens­dag 17 Ok­to­ber in ’n ho­tel­ka­mer waar sy weg­kruip. Hy is brie­send – soos ’n bul, ont­hul Nat. Ten­da staan ge­reed om die deur af te breek. Li­vhu is sy vrou en sy moet hom ge­hoor­saam. Sy moet doen wat hy sê en sy moet huis toe kom met “hul” kind, sê hy voor hy weg­storm. Uit vrees vir haar le­we reik Li­vhu uit na die een mens wat haar óf kan red, óf in nog meer moei­lik­heid kan laat be­land: A­z­win­di­ni.

Li­vhu­wa­ni moet op­pas, want Ten­da is op die punt om te ont­plof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.