Is daar iets an­ders as jou guns­te­lin­g­reeks wat jou snags wak­ker hou? Ons is hier om jou TV­pro­ble­me op te los.

TV Plus (Afrikaans) - - MOONIE MIS NIE -

Hoe­kom laat M-Net ons wag vir pro­gram­me soos G­rey’s A­na­tomy ter­wyl dit reeds in die VSA uit­ge­saai word?

– MEANDRI, SMS

Ka­na­le be­plan hul pro­gram­roos­ters maan­de voor­uit – dis hoe dit vir ons moont­lik is om vir jul­le sul­ke spe­si­a­le voorskou-uit­ga­wes van tvplus te bied, want ons het toe­gang tot wat­ter pro­gram­me in die ko­men­de drie maan­de ver­wag word. Om­dat kon­trak­be­spre­kings ’n tyd­jie kan duur om af te han­del, maak ka­na­le hul roos­ter vol met pro­gram­me wat op daar­die tyd­stip be­ves­tig is, en hoop hul­le kan die an­der in die na­bye toe­koms in­pas. Maar die an­der re­de hoe­kom ka­na­le ky­kers soms laat wag vir pro­gram­me soos die be­kroon­de me­die­se dra­ma G­rey’s A­na­tomy (2005-nou), is dat daar ver­skeie pro­duk­sie­bre­ke in die VSA is wat uit­saai­tye raak. Dit kan van po­li­tie­ke saam­trek­ke tot sport en spe­si­a­le uit­sen­dings in­sluit. Deur die pro­gram la­ter in SA uit te saai, kan M-Net se­ker maak sy ske­du­le word nie deur sul­ke bre­ke (soms net ’n week op ’n keer) ont­wrig nie, en kan ky­kers die sei­soen son­der on­der­bre­kings ge­niet. – Lu­cia, re­dak­teur.

• SMS jou vrae na 35982, of stuur vir my ’n e-pos by lu­cia@ me­dia24.com

Ky­kers moet soms maan­de wag voor hul­le dr. G­rey (El­len Pom­peo) in die nu­we sei­soen sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.