’n Re­de om te moor

Vir el­ke held moet daar ’n boos­wig wees en ’n klomp reeks­moor­de­naars slaan toe in reekse soos Dark An­gel.

TV Plus (Afrikaans) - - MOONIE MIS NIE -

Jo­an­ne Frog­gatt ver­ruil haar rol as die diens­mei­sie An­na in die pe­ri­o­de­dra­ma Downton Abbey (2010-2015; al ses sei­soe­ne kan nou op S­ho­w­max ge­stroom word) vir die rol van Ma­ry Ann Cot­ton in die ril­ler Dark An­gel (2016, ook op S­ho­w­max). Dit het drie e­pi­so­des. Maar hoe­wel die vaal Ma­ry op die oog af nor­maal lyk, het sy ’n ge­heim: Sy is ’n reeks­moor­de­naar en Jo­an­ne is mal oor die ver­an­de­ring van die kre­a­tie­we to­neel. “Die men­se het aan­hou vra: Wat wil jy ná Downton doen? Ek het ge­spot: ‘Iets an­ders. ’n Moor­de­naar of iets.’ ” En soos die Voor­sie­nig­heid dit wil hê, is Ma­ry van die erg­stes in B­rit­tan­je!

KEN JOU ROL

In werk­lik­heid was Ma­ry Ann 40 toe sy in 1873 ge­hang is en so die eer­ste ge­von­nis­te reeks­moor­de­naar in die B­rit­se ge­skie­de­nis ge­word het. Van 1852 tot 1870 het sy drie van haar vier mans ver­moor. Sy het ar­seen ge­bruik om hul­le vin­nig en met min bo­haai uit die weg te ruim. Om­dat die me­die­se we­ten­skap en ou­top­sies des­tyds nie so ge­vor­derd was nie, kon die dok­ters nie pre­sies vas­stel waar­aan die mans be­swyk het nie, en Ma­ry Ann is be­stem­pel as ’n on­ge­luk­ki­ge bruid.

Maar wat haar werklik wreed en sa­dis­ties ge­maak het, was dat sy 11 van haar 13 kin­ders ver­moor het. Dis glad nie mooi nie, maar ’n mens kon dit nie vir Ma­ry Ann sê nie, sê Jo­an­ne: “Wan­neer sy dit die eer­ste keer doen, kan ’n mens re­de­neer dit is om haar kin­ders te voed. As sy dit eers een keer ge­doen het, ver­an­der sy . . . sy het ’n deel van haar mens­lik­heid daar­na ver­loor, daar­om is dit mak­li­ker die vol­gen­de keer.”

Soos die mees­te reeks­moor­de­naars lyk Ma­ry Ann soos e­ni­ge nor­ma­le mens . . . ie­mand langs wie jy mak­lik op ’n park­ban­kie sal sit. Vol­gens haar on­der­wy­sers was sy “’n baie voor­beel­di­ge mei­sie en het ge­reeld skool by­ge­woon, met ’n on­skul­di­ge aard en ge­mid­del­de in­tel­li­gen­sie”. En dit is deels waar­om sy met die moor­de kon weg­kom – ook om­dat die deel­tyd­se kle­re­maak­ster nie amp­te­lik haar we­der­helf­tes se sterf­tes moes re­gis­treer nie, want tot 1874 was dit nie ver­plig­tend nie.

Ma­ry Ann het nie som­mer goed­skiks ge­moor nie – sy het ’n “goeie” re­de daar­voor ge­had, sê Jo­an­ne: “Haar man het sy werk ver­loor en daar­na het sy ge­suk­kel om die mas op te kom. Dan be­sluit sy om hom te ver­moor vir die geld van die ver­se­ke­ring, en so­doen­de kry sy ’n jaar se sa­la­ris in een week.”

Om haar we­der­helf­tes te ver­moor is soos ’n uit­stap­pie vir Ma­ry Ann Cot­ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.