TV Plus (Afrikaans)

Chaos in die Laan

Chris Welman groet Hillside net wanneer moeilikhei­d die inwoners bedreig.

-

Die Hillside-sakeman Chris Welman (David Rees) het almal bedrieg: Hy steek al die afgelope 17 jaar ’n ander gesin weg! Die ander vrou in sy lewe is Lianie (Heidi Mollentze) en sy en hul tienertwee­ling, CJ en Kyla (Jean-Pierre Lombard en Izel Bezuidenho­ut), woon nog altyd net om die draai in Centurion. Wanneer Lianie besluit om kankerbeha­ndeling in België te ondergaan, kies Chris sy tweede gesin bo Mariaan (Deirdre Wolhuter) en hul drie kinders. En dis nie die enigste van Mariaan se bekommerni­sse nie – haar seun, Rickus (André Lotter), wat toe nooit dood is nie, is deel van ’n sekte wat Hillside wil teiken.

MARIAAN NEEM WRAAK

Mariaan was briesend toe sy op Donderdag 11 Oktober van die tweede gesin uitvind. “Sy het gehoor hoe Kyla Chris haar pa noem, en ondersoek ingestel. Sy het toe besef Kyla en CJ is sy kinders en Lianie is sy ander liefde – nie sy niggie en haar kinders soos hy almal altyd vertel het nie,” sê Deirdre.

Haar vernederin­g het haar gevaarlik gemaak. “In Mariaan se oë was Chris haar hele lewe, en sy het nog altyd alles gedoen om haar man te beskerm omdat sy hom so liefgehad het.”

Maar met die onthulling het alles verander, en Mariaan het besluit om Chris se geheim op Dinsdag 16 Oktober by Rickus se welkom-terug-partytjie uit te blaker. “Mariaan het ’n toespraak gemaak en vir almal van Chris en sy tweede gesin vertel.”

Chris was verneder en het besluit om by sy ander gesin in België aan te sluit, en hy het Hillside op Vrydag 19 Oktober gegroet. David sê Chris is goed bewus van die gemors waarin hy hom bevind. “Maar sy enigste prioriteit tans is Lianie, CJ en Kyla – veral Lianie wat weens die kanker enige tyd haar lewe kan verloor. En hy kan nie sy tweeling alleen los nie,” verduideli­k David.

Maar noudat Chris uit Mariaan se lewe is, tref die werklikhei­d van die situasie haar op Maandag 22 Oktober. “Mariaan het nog altyd geglo as daar een ding is wat altyd staande sal bly, is dit haar huwelik. Maar nou is dit verby en sy is verpletter,” sê Deirdre.

RICKUS WIL SY PLAN UITVOER

Intussen is een van die ander Welmans besig om te konkel. Rickus beplan op Maandag 22 Oktober om ’n bom in die Heights-woonstelbl­ok te plant. Hy is sedert begin Oktober gebreinspo­el nadat hy by die Haven-gemeenskap betrokke geraak het. Gemeenskap­slede het Rickus by ’n verlate rivier naby hul fort gevind, waar hy vir dood agtergelaa­t is ná hy bewusteloo­s geslaan is in ’n geveg by die geheime gevegklub Leef Of Ly. “Rickus se hele bestaan is tot in sy fondamente geskud nadat hy byna dood was,” vertel André. “Die Haven-mense en hul leier, oom Francois (Chris van Niekerk), het wel sy lewe gered en hom weer gesond gekry, maar hulle het hom ook gemanipule­er om hul soldaat te word. Rickus glo nou hul mantra en beginsels – om Moederaard­e te beskerm deur tegnologie-vry te leef. En hy moet die boodskap in Hillside g gaan versprei.” Die enigste manier w waarop Francois, wat j jare gelede in 7de Laan gebly het, g glo hulle die res v van die wêreld en s spesifiek Hillside g gaan oorreed om hul weë te v volg, is deur g geweld te g gebruik. Francois w wil Rickus s se lojaliteit as sy soldaat t toets. “Hy wil s sien hoe e ernstig R Rickus i is oor sy t toewyding aan die Haven, en of hy werklik bereid is om alles op te offer om Moeder- aarde te red,” verduideli­k Chris.

Rickus sukkel egter om die bom te plant en kan net huilend die mantra fluister terwyl hy in sy woonstel in die Heights is.

BREINSPOEL-GEVAAR

Intussen gaan dit steeds sleg met Mariaan wanneer sy op Woensdag 24 Oktober probeer staande bly ná haar huwelik verbrokkel het. Die enigste silwer randjie is Rickus se tuiskoms nadat almal gedink het hy is dood. “Mariaan was die enigste een wat geglo het haar seun leef nog. Sy en Rickus het nog altyd ’n hegte band gehad, maar sy het geen idee hy is tans gebreinspo­el en is nie homself nie,” sê Deirdre.

Dis te verstane hoekom sy nie die tekens raaksien nie. Toe Rickus op Vrydag 12 Oktober in die Laan opdaag, was Mariaan besig om die nuus van haar man se dubbele lewe te verwerk. Dit het haar hele wêreld laat

verkrummel. Al was sy oorstelp oor Rickus se tuiskoms, het sy nie die regte vrae gevra nie. “Mariaan het nie eers daaraan gedink om hom uit te vra oor wat werklik met hom gebeur het nie, en Rickus het nie veel daaroor uitgebrei nie,” voeg Deirdre by.

Rickus gaan besoek sy ma op Donderdag 25 Oktober en stel haar gerus en sê alles sal weer beter gaan. Hy noem ook dinge gaan binnekort verander. “Rickus verwys na die Haven se plan om Hillside te teiken, iets waarvan Mariaan nog niks weet nie,” verduideli­k André.

HIER KOM MOEILIKHEI­D

Die Haven-gemeenskap en hul soldate maak op Maandag 29 Oktober gereed om die tweede fase van hul plan vir Hillside deur te voer.

Charmaine ( Vinette Ebrahim), eienares van Oppiekoffi­e, is stomgeslaa­n wanneer sy iemand uit haar verlede in die omgewing sien. Veral wanneer sy besef hy is nie meer die persoon wat sy geken het nie . . .

Nou is almal in Hillside in groot gevaar. Op Dinsdag 30 Oktober probeer van die Laners, spesifiek Matrone en Marko (Annelize van der Ryst-Hattingh en Francois Lensley), die situasie red, maar hul probeersla­e misluk.

Francois en sy soldate se houvas op Hillside raak ál groter en teen Vrydag 2 November verander alles drasties. En dramaties!

 ??  ?? Chris verlaat die Laan onder ’n donker wolk.
Chris verlaat die Laan onder ’n donker wolk.
 ??  ?? Kyla en CJ het al die jare gemaak of Chris net hul oom is.
Kyla en CJ het al die jare gemaak of Chris net hul oom is.
 ??  ??
 ??  ?? Die twee vroue in Chris se lewe, Mariaan (links) en Lianie.
Die twee vroue in Chris se lewe, Mariaan (links) en Lianie.
 ??  ?? Oom Francois het groot planne vir Hillside.
Oom Francois het groot planne vir Hillside.
 ??  ?? Lianie was ’n ruk in die Hillside-kliniek, waar haar kinders haar besoek het.
Lianie was ’n ruk in die Hillside-kliniek, waar haar kinders haar besoek het.
 ??  ?? Marko probeer help wanneer dinge in Hillside skeefloop.
Marko probeer help wanneer dinge in Hillside skeefloop.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa