Die groe­nes haak uit

Ni­na maak a­mok in Rui­ter­bosch en brein­spoel Wa­de.

TV Plus (Afrikaans) - - SUIDOOSTER -

Wa­de (De­an John S­mith) loop met oog­klap­pe rond en dans blin­de­lings na sy nu­we vrien­din en me­di­ta­siein­struk­teur Ni­na (C­har­le­ne le Roux) se py­pe. Sy is ’n ek­stre­me om­ge­wings­ak­ti­vis en tei­ken tans die Suidooster-Sen­trum se ge­wil­de re­stau­rant Oos-Wes en die Al­wyn-ap­teek om­dat hul­le glo be­sig is om die om­ge­wing te ver­nie­tig. Tog is haar go­ril­la-veld­tog­te en van­da­lis­me nie ge­noeg vir Ni­na nie – sy ver­sterk haar hou­vas op Wa­de en dryf boon­op ’n wig tus­sen Wa­de en sy broer Ty (Mau­ri­ce Pai­ge) in.

NI­NA WYS HAAR WARE SELF

Ni­na het Wa­de aan­vank­lik ge­help om deur sy seer te werk en hy ver­trou haar, sê De­an. “Vir die eer­ste keer ná sy eks-mei­sie Zoe (Lau­ren Jo­seph) hul kind laat a­bor­teer het (in Au­gus­tus) voel Wa­de weer hy kan a­sem­haal. En dis al­les te dan­ke aan Ni­na wat Wa­de on­der haar vlerk ge­neem het en vir hom die reg­te ge­reed­skap (soos me­di­ta­sie) ge­gee het om sy trau­ma te ver­werk.”

Op die oog af lyk dit of Ni­na se vriend­skap en be­doe­lings op­reg is, maar eint­lik is sy be­sig om Wa­de te brein­spoel.

Op Woens­dag 7 No­vem­ber be­gin Ni­na haar ware kleu­re wys wan­neer sy Oos-Wes tei­ken. Sy is ge­grief deur die gar­naal­winsko­pie op die spys­kaart, ver­dui­de­lik C­har­le­ne. “Ni­na is veg­lus­tig oor om­ge­wings­kwes­sies en voel ’n mens mors nie met die om­ge­wing nie. Sy neem al­les na die ek­stre­me kant toe en is ’n soort kul­tus­lei­er, want dit gaan eint­lik vir haar oor mag en om men­se te ma­ni­pu­leer. Oos-Wes se gar­na­le is vir haar ’n mak­li­ke tei­ken. Sy brein­spoel haar on­der­da­ne en vir Wa­de om te glo dis on­aan­vaar­baar vir die re­stau­rant om die ge­reg aan te bied, want die ma­nier waar­op die gar­na­le ge­vang word is na­de­lig vir die see­le­we.”

SLIMPRAATJIES

Ni­na be­gin la­ter op Woens­dag 7 No­vem­ber teen­gar­naal-pam­flet­te in die sen­trum ver­sprei om Oos-Wes se beeld ska­de aan te doen – en dit werk wan­neer men­se hul neus vir die re­stau­rant be­gin op­trek. K­waad om­dat Ni­na sy vrien­de wat Oos-Wes be­stuur ska­de be­rok­ken, kon­fron­teer Wa­de haar oor die pam­flet­te. Maar Ni­na oor­tuig hom met slimpraatjies om haar veld­tog te steun.

Die Aal­wyn-ap­teek is vol­gen­de aan die beurt en op Vry­dag 9 No­vem­ber stel sy haar plan in wer­king. “Sy be­gin ’n be­wus­ma­kings­veld­tog en ver­sprei pam­flet­te oor skoon­heids­pro­duk­te wat by die ap­teek ver­koop word wat glo op die­re ge­toets word,” ver­tel C­har­le­ne.

AB (Cedwyn Joel), die ap­tee­kei­e­naar, is nie ge­luk­kig oor die pam­flet­te nie, maar dis die min­ste van sy pro­ble­me. Ni­na en haar tra­wan­te val die ap­teek op Maan­dag 12 No­vem­ber aan en van­da­li­seer die plek . . .

MOE­NIE MY UITSLUIT NIE

Wa­de is ge­skok wan­neer hy la­ter op Maan­dag 12 No­vem­ber van die ska­de aan die ap­teek hoor. “Hy ver­moed Ni­na sit daar­ag­ter en kon­fron­teer haar oor haar ge­vaar­li­ke ge­drag. Maar Ni­na ver­de­dig weer haar op­tre­de en draai Wa­de om haar pin­kie,” ver­klap De­an.

Ni­na en haar tra­wan­te hou par­ty­tjie op Woens­dag 14 No­vem­ber om die suk­ses­vol­le aan­val te vier, maar Wa­de voel uit­ge­sluit wan­neer hy nie na die fees­vie­rings ge­nooi word nie. “Wa­de voel Ni­na ver­trou hom nie,” sê De­an, en om­dat hy so graag deel van iets wil wees, gaan praat hy met Ni­na en maak dit dui­de­lik hy is aan haar kant.

DISTANSIEER JOUSELF

In­tus­sen is daar die vol­gen­de dag, op Don­der­dag 15 No­vem­ber, nog ’n aan­val, op ’n re­stau­rant in Kamps­baai, wat ver­al vir Ty en sy mei­sie Lee-Ann (Por­tia Joel) ont­stel. Wan­neer Ty sy broer daar­van ver­tel, ver­de­dig Wa­de die aan­val en Ty is on­kant ge­vang deur Wa­de se hef­ti­ge re­ak­sie. “Ni­na hoor la­ter die dag van die on­e­nig­heid tus­sen die broers en op ’n sub­tie­le ma­nier moe­dig sy Wa­de aan om hom van Ty te distansieer,” ver­tel C­har­le­ne.

Ty en Wa­de stamp le­lik kop­pe op Vry­dag 16 No­vem­ber, ver­al om­dat Ty be­gin ag­ter­kom Ni­na het die een of an­der hou­vas op Wa­de. En teen Maan­dag 19 No­vem­ber be­sluit Wa­de om sy tas­se te pak en uit Ty se huis te trek.

Ons hoop die skil­le val van Wa­de se oë af voor Ni­na hom ver­der brein­spoel om nes sy ’n e­ko­ter­ro­ris te word.

Wa­de kon­fron­teer vir Ni­na oor haar pam­flet­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.