Laat gaan

Nan­di gee toe aan Jack se ei­se so­dat sy oor kan be­gin.

TV Plus (Afrikaans) - - GENERATIONS -

“Om ’n kind te ver­loor is ’n on­be­skryf­li­ke meng­sel van pyn en woe­de. Maak nie saak hoe hard Nan­di dit pro­beer weg­steek nie, sy suk­kel om haar e­mo­sies in toom te hou,” ont­hul B­ren­da Mhlon­go. Haar ver­driet oor die ver­lies van haar seun, Fa­na (Du­ma Mn­qo­bi), wat op Dins­dag 23 Ok­to­ber dood­ge­skiet is, tref haar op Woens­dag 7 No­vem­ber op die erg­ste wan­neer haar ver­vreem­de man, Jack (Vu­si Ku­ne­ne), haar ge­bro­ke hart uit­buit. “Dis walg­lik,” sê B­ren­da. “Hy wil hê sy moet Fa­na se aan­de­le in die fa­mi­lie se grond­ont­wik­ke­lings­pro­jek, JM Eco Ci­ty, aan hom oor­dra.” Sy neem hom reeds kwa­lik vir Fa­na se dood, want die koe­ëls wat Fa­na se dood be­te­ken het, was vir Jack be­doel. “Hy was al­tyd self­sug­tig, maar dít is ’n al­ge­he­le laag­te­punt.” Ná ja­re se ru­sies, ver­neu­ke­ry en er­ger is Nan­di by breek­punt. “Sy wil ont­slae wees van die man, on­ge­ag wat dit kos,” voeg die ak­tri­se by. Nan­di stem in om die aan­de­le aan hom oor te dra op een voor­waar­de: dat hy vir al­tyd weg­bly van haar. Tog is daar goeie nuus vir haar – haar kê­rel Mand­la (T­hem­ba No­fe­me­le) trek Kaap toe en wil hê sy moet saam­gaan.

BY ’N KRUISPAD

Al sal Nan­di Jack nooit ver­ge­we vir sy rol in Fa­na se skiet­dood nie, neem sy haar­self kwa­lik, want sy het Fa­na soon­toe ge­stuur – iets wat haar sal volg waar sy ook al gaan, ver­dui­de­lik B­ren­da. “Fa­na was ook haar skei­pro­ku­reur en Nan­di het hom na Jack ge­stuur om hom te oor­reed om sy skik­kings­aan­bod te ver­be­ter. Sy glo as sy nie na Jack se gul­si­ge vlak ge­daal het om meer geld te eis nie, sou Fa­na nog ge­leef het.” Met die aan­deel­oor­een­koms ge­te­ken en haar kê­rel wat ge­reed is om op Dins­dag 13 No­vem­ber te trek, is daar een laas­te ding wat Nan­di wil doen: praat met haar dog­ter, Sp­he (Pe­arl Mo­na­ma). “Nan­di het baie om te oor­weeg. Sp­he en haar klein­dog­ter, Ro­ri­sang (Dit­ho­ri­so Mo­sa­ka), is al wat sy oor­het. Maar sy kan hul­le be­soek wan­neer sy weer in die stad is,” re­de­neer B­ren­da.

BE­GIN OOR

Al sê Nan­di dit gaan ou­kei met haar is dit op Vry­dag 16 No­vem­ber nie so nie. Die lief­de­vol­le ma stuur nie eens vir Sp­he ’n koe­baai-W­hat­sapp nie – sy ver­trek net. “Sy’s so bly om van die bo­se Jack ont­slae te wees,” sê B­ren­da, maar dit be­te­ken nie haar nu­we man is be­ter nie. “Hul ver­hou­ding was eers nie so erns­tig nie. Hul­le het net ’n paar keer uit­ge­gaan, maar al is daar ’n vonk, gaan hul­le so gou saam in­trek . . .”

Nan­di ver­af­sku Jack, daar­om gee sy hom wat hy wil hê net om van hom ont­slae te raak. In­las: Nan­di se kê­rel Mand­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.