Ver­bo­de lief­de

Ma­ro­thi se hu­we­liks­aan­bod dwing Ra­chel om te kies: haar fa­mi­lie of haar ver­hou­ding.

TV Plus (Afrikaans) - - SKEEM SAAM -

Daar is baie min wat die ver­pleeg­stu­dent Ra­chel (Le­se­go Ma­ra­kal­la) nie sal doen nie om haar pas her­stel­de ver­hou­ding met haar vroe­tel­pap­pie Ma­ro­thi (Macks Pa­po) te be­skerm. Dit sluit in om haar voor­skrif­te­li­ke fa­mi­lie die rug toe te keer. Hul­le het dit nooit goed­ge­keur dat Ra­chel met die twy­fel­ag­ti­ge sa­ke­man uit­gaan nie – ver­al haar ma, Ce­lia (S­ho­ki Se­bot­sa­ne), wat Ma­ro­thi al ’n paar keer ge­kon­fron­teer het. Maar wag tot Ce­lia op Don­der­dag 8 No­vem­ber uit­vind haar dog­ter gaan nie net met ’n ou­er man uit nie; sy gaan ook met hom trou! “Ra­chel ver­wag dit [die hu­we­liks­aan­bod] nie. Sy’s op­ge­won­de en meer as ver­heug dat hy saam met haar wil wees, selfs ná wat sy aan hom ge­doen het,” sê Le­se­go. Ma­ro­thi het in Ok­to­ber uit­ge­vind Ra­chel, wat toe nog sy eks was, het ’n lief­des­dran­kie ge­bruik om hom van sy nu­we mei­sie af te rok­kel. Al is Ma­ro­thi ge­reed om te ver­ge­we, sê Le­se­go dit sal ’n gro­ter pro­bleem wees om Ce­lia so­ver te kry om die ver­lo­wing op Vry­dag 9 No­vem­ber te aan­vaar.

’N STOK IN DIE WIEL

“Ma­ro­thi is oud ge­noeg om Ra­chel se pa te wees, ja, maar hul­le het me­kaar reg­tig lief,” ver­dui­de­lik Le­se­go. “Ra­chel sou eer­der ban­de met haar fa­mi­lie ver­breek as om die kan­se te be­derf met die lief­de van haar le­we. Fa­mi­lie sal al­tyd daar wees as sy te­rug­kom.”

Dit laat ’n bit­ter smaak in Ce­lia se mond, wat woe­dend is oor haar dog­ter se ver­lo­wing, ver­dui­de­lik die ak­tri­se. “Ce­lia glo nie Ma­ro­thi is by haar dog­ter om die reg­te re­des [lief­de] nie. Sy be­vraag­te­ken ge­du­rig sy be­doe­lings. Sy dink Ma­ro­thi is ’n sleg­te ou, want hy is ar­ro­gant.” Ra­chel laat nie toe dat haar ma le­lik praat van haar ver­loof­de nie en stel dit dui­de­lik aan Ce­lia die troue gaan plaas­vind, “of hul­le daar­van hou of nie”, voeg Le­se­go by.

VA­DER­FI­GUUR

Ra­chel pak haar trou­voor­be­rei­dings y­we­rig aan op Maan­dag 12 No­vem­ber. “Sy wil ’n per­fek­te troue hê. Dit is om­dat sy Ma­ro­thi nie in die skan­de wil steek nie,” ver­dui­de­lik Le­se­go. “Hy is meer as ’n min­naar, hy’s ’n soort va­der­fi­guur en vul die leem­te wat deur haar pa se heen­gaan (nie op skerm nie) ge­laat is. Ma­ro­thi sal Ra­chel troos en sy wil hom nie te­leur­stel nie, dis hoe­kom Ra­chel op Dins­dag 13 No­vem­ber vir ou­laas te­rug­gaan na haar fa­mi­lie. Ra­chel daag Ce­lia uit om met haar trou­re­ë­lings in te meng. Die jong vrou is ge­reed vir oor­log. Ce­lia kan deel wees daar­van, of nie eens uit­ge­nooi word nie. Dis haar keu­se,” sê Le­se­go.

Ma­ro­thi is die oor­saak van Ra­chel se fa­mi­lie­ve­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.