TV Plus (Afrikaans)

SUITS

-

Die regsdrama Suits (2011-nou) eindig ’n jaar ná Meghan

Markle bedank het as Rachel Zane om met prins Harry te trou. Daar sal later vanjaar ’n finale seisoen 9 wees om al die los drade bymekaar te bring en hopelik sal ons als uitvind van Donna en Harvey (Sarah Rafferty en Gabriel Macht) se bliksnyer-ritueel wat ons nooit volledig gesien het nie. Luidens gerugte is die reeks gekanselle­er omdat dit kykers verloor het nadat Meghan weg is, maar die skepper van die reeks, Aaron Korsh, sê: “Die akteurs was onder kontrak tot aan die einde van seisoen 7 en hulle was nie 100% seker wat hulle wou doen nie. Tydens seisoen 7 terwyl hulle kontrakte vir twee jaar beding het, het iets onvoorsien­s gebeur – jy kan nooit weet een van jou sterre gaan met ’n Britse prins trou nie. Ons het dus ’n keuse gehad om ná seisoen 7 voort te gaan. Ons het besluit die oorspronkl­ike plan was ’n seisoen 8 van 16 episodes en ’n seisoen 9 van 10 episodes.” Die vervaardig­ers probeer glo om Meghan en haar TV-man,

Patrick J. Adams (Mike), te oorreed om ’n video-oproep te doen as ’n kamee namate die splinterre­eks Pearson met Gina Torres, wat haar rol hervat as Harvey se mentor Jessica Pearson, naderkom.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa