TV Plus (Afrikaans)

’n Doodsvonni­s?

Diederik raak desperaat oor sy MIV.

-

Diederik (Hennie Jacobs) het gejok! Hy ly nie aan kanker soos hy almal vertel het nie, maar is MIV-positief. Kykers sukkel nou nog om die waarheid te verwerk, juis omdat ons Diedie nie ken as iemand wat leuens vertel nie. Hennie sê Diederik weet hy moes nie gelieg het nie – veral nie vir sy vrou Olivia (Nadia Herbst) nie. “Maar hy was oorweldig deur die diagnose en het totaal irrasionee­l opgetree,” verdedig hy sy karakter se optrede. Desperaat om iets aan die saak te doen, het hy na ’n kuur op die internet gesoek, en al weet hy eintlik dis ongeneesli­k, word Diederik mislei wanneer dit lyk of daar ’n geneesmidd­el is. En hy sal alles in sy vermoë doen om dit in die hande te kry.

’N WONDERKUUR

Die persoon wat die wonderkuur vir MIV het, is ene dr. Renier Dippenaar (Frederick Bezuidenho­ut). “Weens Diederik se desperaath­eid en omdat hy so gebroke en verpletter­d voel, raak hy naïef en gryp dus na enige stukkie hoop, hoe gering ook al. Dis hoekom hy vasklou aan dr. Renier wat vir hom die hemel en die aarde beloof,” sê Hennie. Diederik stel sy vriend Justin (DannJaques Mouton) – wat hy onlangs oor sy siekte in sy vertroue geneem het – aan dr. Renier voor, maar waar Diedie hom net prys, ruik Justin ’n rot. “Justin is intelligen­t en straatwys,” sê Hennie. “Hy vermoed dadelik die dokter is besig om Diederik ’n rat voor die oë te draai, maar Diederik staar homself blind teen die waarheid.”

’N NEGATIEWE REAKSIE

Diederik begin van dr. Renier se geneesmidd­els gebruik, maar dinge loop skeef wanneer sy vel ’n negatiewe reaksie daarop het. “Diederik het vrae oor die reaksie en gaan spreek Renier dadelik. Renier ondersoek hom, maar praat die reaksie vinnig weg en sê dis net tydelik. Diederik hoef hom oor niks te bekommer nie.” En net wanneer dit begin lyk of dinge beter raak, ervaar Diedie ’n terugslag en ’n histeriese Olivia kry hom nie wakker nie . . . Wat presies gaan gebeur mag ons nie nou verklap nie, maar dr. Renier kies die hasepad en verdwyn soos ’n groot speld! Gaan Diedie die nagmerrie oorleef?

DIE DOEL VAN DIE STORIE

Hennie vertolk die rol van Diederik al die afgelope 12 jaar, en geniet elke storielyn wat die skrywers vir sy karakter skryf. Ja, Diederik is al in baie opsigte beproef en het vele terugslae beleef – soos sy mislukte troue met Amorey (Kristen Raath) in September 2017 wat tot sy dwelmversl­awing gelei het. En nou het hy die MI-virus.

Vir die storielyn het Hennie homself goed voorberei en navorsing gedoen. “Ek het artikels op die internet gaan lees en video’s op YouTube gekyk om te verstaan hoe dit werk en hoe mense daarmee saamleef.”

Hy sê die hoofdoel van die storie is om kykers oor die siekte in te lig en enige stigma daaraan te verwyder. “Die skrywers het ure lank navorsing vir die storielyn gedoen en hulp van dokters en kenners gekry om alles oor die MIV so akkuraat moontlik oor te dra. En terselfder­tyd die storie sensitief te vertel.”

Die storielyn het Hennie geleer mense is nog baie oningelig oor die MIV. “Onkunde is gevaarlik, en die MIV is in baie gevalle iets waaroor mense nie wil praat nie. Maar dis belangrik om te weet waaroor dit gaan en dat jy daarmee kan saamleef.”

Hy sê as Diederik en Olivia daardeur kan werk, sal dit hul huwelik sterker maak. En hopelik sal hulle eendag met ’n gesin kan begin. “En dit is moontlik al het jy die MIV.” As daar een ander storie is wat Hennie vir sy karakter sou skryf, is dit om die Lotto te wen, skerts hy. “Dit sal nou groot pret wees!” sê hy laggend.

Rugby is ’n man se spel, ’n heteroseks­uele man se spel – of so glo sekere Styders-rugbyspele­rs. Hulle het dus nie tyd of ooghare vir hul nuwe spanmaat Ryno Roberts (Adrian Steyn) nie, ’n homoseksue­le man wat hom onlangs by die Stryders aangesluit het. Ryno het ’n dik vel en het tot dusver alle vooroordel­e oor sy seksuele oriëntasie gesluk, maar genoeg is genoeg. En sy opgekropte woede borrel in ’n onderhoud oor.

HOMOFOBIE EN ’N HERRIE IN DIE KLEEDKAMER

“Ryno het uit die kas geklim toe hy 18 jaar oud was,” vertel Adrian oor sy karakter. Hy het op universite­it sy lewensmaat, die prokureur Thinus de Wet (Arno Marais), ontmoet en nog al die jare rugby gespeel. “Ryno was egter nie baie gelukkig by sy vorige rugbyklub, die Stallions, nie en het toe by die Stryders aangesluit.”

Ryno het aanvanklik gedink hy gaan maklik by sy nuwe span inpas, maar die teenoorges­telde het gebeur. Van die Stryders het aanvanklik geweier om voor hom in die kleedkamer­s uit te trek. “Oor die algemeen aanvaar die hele span hom, maar daar is ’n paar vrot appels wat nog konserwati­ef is. Hulle argument is gay mans is nie man genoeg vir rugby nie. En hulle voel nie gemaklik om voor so ’n man uit te trek nie,” verduideli­k Adrian en voeg by hulle is bang Ryno kyk met begerige oë na hulle.

NEGATIEWE KOMMENTAAR

Die Stryders se bestuurspa­n doen sy bes om die situasie met Ryno met omsigtighe­id en regverdig te hanteer en kry ’n oplossing vir die kleedkamer­kwessie. “Hulle gaan kleedhokki­es aanbou waar spelers kan aantrek. Ryno is tevrede daarmee, maar hy besef dit gaan nie die homofobie wegneem nie, dit gaan wel ’ n bietjie van die spanning in die span verlig,” sê Adrian.

Die Stryders se hoofuitvoe­rende beampte, Bart (Pierre Breytenbac­h), monitor die Ryno-situasie al geruime tyd en praat met die Stryders se breier Schalk (Johan Scholtz) daaroor. Hy waarsku teen negatiewe kommentaar op sosiale media en sê dit sal nie in die Styders se belang wees om Ryno vir die nuwe 2019-span te kies nie.

DIE OOMBLIK RAAK TE GROOT

Schalk glo talent kom eerste en hou homself doof. Tydens ’n gesellige kuier by Potties kondig Schalk die nuwe span aan en almal hoor Ryno gaan ook op die veld uitdraf. Ryno is verlig, maar

wanneer Thinus hom met ’n soen wil gelukwens, ruk Ryno weg. “Thinus het Ryno deur die kleedkamer­herrie ondersteun en hy is dankbaar daarvoor,” sê Adrian. “Maar Ryno verkies om sy liefdeslew­e privaat te hou.”

’N DIVERSE WERKPLEK

Thinus is seergemaak en ’n bakleiery ontstaan, maar hulle maak later vrede. Die vrede strek egter nie tot in die Stryders se kleedkamer nie want van sy medespeler­s het Ryno nog nie aanvaar nie.

Om van die negatiewe kommentaar op sosiale media teen te werk en te kyk of die spanlede hom nie meer toegeneë kan wees nie, reël

Kristien (Marlee van der Merwe), die Stryders se beeldpoets­er, vir Ryno ’n onderhoud. “Kristien wil hê Ryno moet praat oor hoe sy seksualite­it sy rugby beïnvloed, en hoe sy kontrak diversitei­t in die span bevorder asook in rugby as ’n geheel,” sê Adrian. Maar dan weier Ryno om enigiets vir die media oor sy seksualite­it te sê.

RYNO STAAN OP VIR HOMSELF

Ná hewige teenkantin­g kry Kristien Ryno tog so ver om die onderhoud te voer, maar dan loop dinge skeef wanneer Ryno die aanhangers kritiseer. “Ryno beskuldig fans van tonnelvisi­e en sê hulle moet ophou aansit,” sê Adrian.

En al voel Ryno trots dat hy vir homself opgestaan het, is Kristien en van die spelers bitter ongelukkig omdat hy ondersteun­ers op so ’n manier bygekom en sleggesê het.

 ??  ?? Diederik se lewe het soos handomkeer verander.
Diederik se lewe het soos handomkeer verander.
 ??  ?? Diederik en Olivia op hul troudag.
Diederik en Olivia op hul troudag.
 ??  ?? Justin vertrou nie vir dr. Renier nie.
Justin vertrou nie vir dr. Renier nie.
 ??  ?? Dr. Renier beloof vir Diedie ’n kuur vir sy MIV.
Dr. Renier beloof vir Diedie ’n kuur vir sy MIV.
 ??  ?? Amorey (regs) het nie lank langs Diedie voor die kansel gestaan nie.
Amorey (regs) het nie lank langs Diedie voor die kansel gestaan nie.
 ??  ?? Ryno ervaar groot probleme onder sy spanmaats.
Ryno ervaar groot probleme onder sy spanmaats.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Thinus, Ryno se kêrel doen sy bes om hom te ondersteun.
Thinus, Ryno se kêrel doen sy bes om hom te ondersteun.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa