TV Plus (Afrikaans)

In twee geskeur

Annelize moet tussen At en Adler kies.

-

Nes dit lyk of dr. Annelize Roux (Cindy Swanepoel) versag teenoor haar nuutgevond­e biologiese pa, Brett Adler (Anton Schmidt), besef sy weer eens hy is ’n slang wat haar gebruik om op haar baas dr.

At Koster (Hans Strydom) te spioeneer.

Dit alles begin ná die aanval op Delia (Odelle de Wet), wat onlangs by Adler se maatskappy Southern Hope afgedank is. At vra spesiale sorg vir Delia aan wat in die Binnelandk­liniek opgeneem is en dit laat Annelize wonder of At nie die aanval bewimpel het nie. “At wil dalk sy gewete met die spesiale versoek sus,” verduideli­k Cindy.

Adler deel sy dogter se agterdog en vra Annelize om bewyse te kry dat At die skuldige is. Hy pleit by Annelize dat sy glo hy is onskuldig, want dit kon netsowel Adler gewees het wat Delia uit die weg wou ruim omdat sy verskeie van sy geheime ken wat hy eerder in die duister wil hou.

SUSTERLIEF­DE

Maar Annelize val nie vir sy mooipraatj­ies nie. “Sy besef Adler misbruik haar om op At te spioeneer. Die nare waarheid dat Adler haar pa is, verander niks aan haar mening oor hom nie, want hy bly dieselfde agterbakse buffel wat At se ondergang wil bewerkstel­lig,” sê Cindy. Al het Annelize en At deur die jare heen baie gebots, is dit asof haar oë nou eers oopgaan. “Sy besef At gee vir haar om en haar lojaliteit lê eerder by hom.”

En Annelize is nie die enigste een wat deur Adler sien nie. Ook haar suster, Monique (Elani Dekker), begin haar bedenkinge oor hul pa kry omdat Annelize vir haar vertel Adler wil hê sy of Monique, At se persoonlik­e assistent, moet op At spioeneer. Maar vir Monique bestaan daar nie ’n keuse tussen At en Adler nie, dit gaan oor haar suster. “Monique sê vir At sy sal Annelize altyd ondersteun, watter besluit Annelize ook al neem.”

SLEGTER AS SLEG

Adler doen steeds sy bes om Annelize se guns te wen, want hy meen bloed vloei waar dit nie kan loop nie. Maar dan hoor Annelize iets wat haar hare laat rys. “Delia gee vir Annelize ’n interessan­te brokkie inligting oor Adler, en dan storm Annelize summier by Adler se kantoor in en skreeu sy wens hy gaan dood,” vertel Cindy. “Eintlik bedoel sy net sy wens hulle het nooit uitgevind hy is hul pa en dat hy nou deel van hul lewe is nie,” skerm sy vir haar karakter.

Wat so erg is, kan ons nie nou al verklap nie. Maar Cindy sê sy besef nou eers hoe gemeen Adler werklik is. “Sy het altyd geweet hy is gewetenloo­s en agterbaks, maar nooit besef hy sal so laag daal nie,” sê die aktrise.

 ??  ?? Annelize (links) en Monique wil Adler net nie vertrou nie.
Annelize (links) en Monique wil Adler net nie vertrou nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa