TV Plus (Afrikaans)

VROU VAN LOSSE SEDES

-

Catalina stem in tot die voorstel en ontmoet gou die manipulere­nde (Aylín Mújica), ’n koppelaar met ’n ander aanloklike voorstel. Lorena oorreed Catalina om haar borste te laat vergroot om ryker en magtiger kliënte te lok. Dis musiek in Catalina se ore, maar wat die jong vrou nie weet nie, is die operasie is net ’n dekmantel – die sindikaat in wie se hande sy beland het, gebruik die jong vroue as dwelmmuile om heroïene in hul inplanting­s te smokkel. Catalina loop blindeling­s in die lokval. En regdeur die telenovell­e plaas Catalina se desperaath­eid haar lewe kort-kort in gevaar wanneer sy met twyfelagti­ge karakters meng.

Lorena NA AAN DIE WAARHEID

The Way To Paradise is aangepas van die bekroonde Colombiaan­se skrywer en draaiboeks­krywer Gustavo Bolívar se debuutroma­n, Sin Tetas No Hay Paraíso. In Engels vertaal, beteken dit “Without Breasts, There Is No Paradise”. Dis geïnspiree­r deur kwessies in sy land en hoe jong vroue dikwels in die strik trap in hul soektog na rykdom. “Toe ek die voorreg kry om die TV-wêreld te betree, het ek besluit ek gaan nie die

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa