TV Plus (Afrikaans)

GEE MY GELD

-

Jacob pers Rhafiek met die inligting af om Rhafiek te dwing Rhafiek om vir hom genoeg geld in die hande te kry sodat hy ’n nuwe lewe kan begin en die polisie kan ontduik. Rhafiek probeer ’n plan maak deur aandele in sy ondernemin­g aan

(Marco Spaumer) te verkoop, maar dit val deur die mat. “Daar is geen lig aan die einde van die tonnel nie, en dit maak Rhafiek al hoe meer desperaat,” sê Irshaad.

Intussen raak die druk te veel vir Carmen. In ’n oomblik van waansin vaar sy teen Jacob uit en ’n bakleiery volg wat haar amper haar lewe kos!

Tim SKAAKMAT OF PION?

Rhafiek besef hy moet Carmen van Jacob af wegkry voordat iemand sterf, maar dis makliker gesê as gedaan. Uiteindeli­k (kyk self hoe) kry Rhafiek dit reg om Carmen by die woonstel uit te kry, wat Jacob byna laat kop verloor omdat hy nie meer in beheer van die situasie is nie. “Rhafiek dink hy het Jacob nou net waar hy hom wil hê,” sê Irshaad.

Maar kort voor lank kom krap Rhafiek se familie sake deurmekaar. Hy jok vir hulle oor waar Carmen is en wie Jacob is. “Dis vir Rhafiek swaar, maar hy kan nie nou met sy familie eerlik wees nie, juis omdat hy hulle wil beskerm,” sê Irshaad.

JACOB WIL SKIET

Carmen is verslae wanneer sy hoor van die noodleuen wat Rhafiek vir sy ouers oor haar en Jacob vertel het, en besluit om na die woonstel terug te keer. “Dis haar gemors ook en sy kan nie vir Rhafiek met al die verantwoor­delikheid los nie,” sê Desiré.

Jacob is in sy noppies om haar weer te sien en dit lyk of die stof gaan lê, maar dan kry Chris snuf in die neus oor Rhafiek se vreemde gedrag wanneer hy by Rhafiek inloer. En dis wanneer Jacob sy vuurwapen lig, reg om die sneller te trek . . .

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa