TV Plus (Afrikaans)

6 – 10 JULIE

-

Itumeleng is op die agtervoet oor ’n ontvoering en hy smeek Modise om die losprys en die aflaaipunt te help reël. Lindsay kry Bernie voor stok, en Jack en Angie se eerste afspraak verloop sleg. Bernie voel skuldig om weg te gaan, en die ontvoerder se motor word gevind. Karel het ’n slegte gevoel oor sy familie, maar sê Jack moenie hoop opgee vir die liefde nie, en Lelo konfrontee­r Maxine oor haar vermoede. Bernie se verhouding rafel uit, en Itumeleng besluit om almal van die ontvoering te sê. Jack vind uit ’n gas by die lodge het ’n geheim, en Ashwin sien iets wat nie vir sy oë bedoel was nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa