‘En­ge­le­koor’ ’n troos vir VS se sie­kes

Volksblad - - Voorblad - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

“Dié in­spi­re­ren­de en­ge­le­koor wie se stem­me sog­gens en saans klok­hel­der by ons hos­pi­taal­bed­dens op­klink, maak ’n siek ou mens se hart sommer week. . . Dit be­moe­dig, bring hoop, gee krag. . . om­vou jou in lief­de, en om­gee.”

So sê ou­ma Nau­li­ne van Lill (72) van Hoop­stad, ter­wyl tra­ne oor haar wan­ge big­gel.

Sy is vir hart­toet­se en “ou­mens­kwa­le” in die Li­fe Ro­se­park-hos­pi­taal in Bloem­fon­tein op­ge­neem.

“Ek kan my tra­ne nie keer wan­neer die ver­pleeg­per­so­neel sog­gens om 07:00 en weer saans om 19:00 die al­ler­mooi­ste Chris­te­li­ke lie­de­re in A­fri­kaans, Sotho en En­gels vir ons hier sing wan­neer hul­le skof­te ruil nie.”

“Maak my toe on­der die bloed, my Heer . . .” of “Our Fat­her who art in He­a­ven. . .” (die On­se Va­der) en “Re a bo­ka Mo­re­na Ha­yo Mat­ha­ta . . .” klink op uit die hos­pi­taal­ka­mers van die me­die­se saal op die eer­ste ver­die­ping.

Be­ne­wens die sang word ook vir pa­si­ën­te uit die By­bel voor­ge­lees, ver­tel waar­de­ren­de pa­si­ën­te.

Die Li­fe Ro­se­park-hos­pi­taal is on­der die ne­ge hos­pi­ta­le in Suid-A­fri­ka wat hul plek drie jaar ag­ter­een­vol­gens on­der die land se 20 top­hos­pi­ta­le be­hou het, vol­gens ’n pei­ling wat die sie­ke­fonds­ad­mi­nis­tra­teur Dis­co­ve­ry He­alth on­der sy le­de ge­doen het.

Al­te­saam 136 hos­pi­ta­le is van­jaar ont­leed en die Li­fe Ro­se­park-hos­pi­taal het die ses­de plek in­ge­neem.

Er­na S­try­dom (68) wat on­langs hier ’n pa­si­ënt was en ook die per­so­neel se “en­ge­le­koor” be­leef het, sê dit was vir haar werk­lik in­spi­re­rend.

“Ek het ge­voel ek word om­vou met on­ge­loof­li­ke om­gee. Van die pa­si­ën­te wat daar lê, se fa­mi­lie is ver. Vir hul­le be­te­ken dit des te meer. Dit bring daar­die warm­te en huis­lik­heid, ter­wyl jy siek is.”

Vir S­te­phi­na Brandt (81) van B­rit­stown, wat aan hart­ver­sa­king ly, en Da­li­ne S­wa­ne­poel (83) van Bloem­fon­tein, wat long­pro­ble­me het, word uit 1 Tes­sa­lo­ni­sen­se 5:16 voor­ge­lees: “Glim­lag, wees al­tyd bly . . . Bid ge­du­rig . . .”

Brandt sê die ver­pleeg­per­so­neel is fan­tas­ties. “Hul­le sing so mooi, hul­le moet ’n plaat maak. Hul­le beur ons werk­lik op.”

Ook S­wa­ne­poel spreek haar waar­de­ring uit. “Ons tra­ne lê vlak as hul­le so mooi kom sing en bid. Ons waar­deer dit.”

Sus­ters Ma­ri­ce de Nysschen, Si­mon Le­bu­ru en Di­ke­le­di Mot­soe­neng, ver­pleeg­kun­di­ge T­ha­bo Pit­so en ver­pleeg­ster Pa­tri­cia Hu­hu sê daar word daag­liks op dag­stuk­kies vir die pa­si­ën­te be­sluit.

“Dit ver­skaf ons be­son­der­se vreug­de om dit te kan voor­lees. Selfs ons af­ge­son­der­de pa­si­ën­te sê hul­le waar­deer die sang en ge­be­de wat ook by hul ka­mers in­waai. Ons word ge­reeld met kaar­tjies, blom­me en brie­fies deur ver­al ou­er, siek pa­si­ën­te be­dank.

“Baie van ons pa­si­ën­te kom van te­hui­se vir be­jaar­des en kan skie­lik baie al­leen in ’n kli­nie­se, koue hos­pi­taal voel. Dit is wat ons nie wil hê nie.”

Ook Jill Va­len­ti­ne (38) van Bloem­fon­tein, wat met nier­in­fek­sie in die me­die­se saal lê, sê die sang en ge­be­de gee krag en straal po­si­tie­we e­ner­gie uit.

He­le­na Mo­soeu (69) van E­den­burg wat hart­pro­ble­me het, sê sy glo die sang en ge­be­de is he­lend en werk nog be­ter as die me­di­sy­ne.

Om die kroon te span, sing die Bloem­fon­tein­se dok­ter-dig­ter, Gil­bert Gib­son, ’n in­ter­nis in die hos­pi­taal, soms saam met die ver­pleeg­per­so­neel by die bed­dens van pa­si­ën­te.

“Ons het fan­tas­tie­se dok­ters in Bloem­fon­tein wat baie goeie op­lei­ding ge­had het. Maar ’n dok­ter kan ook net so goed soos sy per­so­neel wees. Ons het uit­staan­de per­so­neel,” ver­tel hy. Som­mi­ge per­so­neel­le­de praat vyf ta­le.

“Dok­ters kan in vre­de werk en voort­gaan soos wat die we­ten­skap hul­le lei, met die ge­rus­te we­te dat hul pa­si­ën­te in goeie han­de is.”

Ou­ma Nau­li­ne van Lill (72) van Hoop­stad se hand word hier ste­wig deur ’n ver­pleeg­kun­di­ge vas­ge­hou ter­wyl daar vir haar in die Li­fe Ro­se­park­hos­pi­taal in Bloem­fon­tein ge­bid word.

Die Li­fe Ro­se­park­hos­pi­taal se “en­ge­le­ko twee keer per dag met die rui­ling van sk (47) van Uit­sig, Bloem­fon­tein.

Sus­ter Ma­ri­ce de Nysschen (links) ver­sorg ou­ma He­le­na Mo­soeu (69) van E­den­burg wat hart­pro­ble­me het, in die me­die­se saal van die Li­fe Ro­se­park­hos­pi­taal. Mo­soeu sê die Sotho­, A­fri­kaan­se en En­gel­se lie­de­re wat vir haar ge­sing word, laat haar hart sommer be­ter word.

Es­ma­rie Cron­jé, be­mar­kings­be­amp­te en ge­re­gis­treer­de ver­pleeg­kun­di­ge van die Li­fe Ro­se­park­hos­pi­taal (links), deel ’n grap­pie met ’n pa­si­ënt, Jill Va­len­ti­ne (38), wat met nier­in­fek­sie in die me­die­se saal lê. Va­len­ti­ne sê die sang en ge­bed in die hos­pi­taal gee krag vir die dag.

Die per­so­neel van die me­die­se saal op d fe Ro­se­park­hos­pi­taal le­wer nie net dien maar het ook an­der be­lang­ri­ke ta­ke. Voo schen, links ag­ter staan sus­ter On­ka­ra­bi Di­ke­le­di Mot­soe­neng.

Sus­ters Ma­ri­ce de Nysschen lees vir pas Links is S­te­phi­na Brandt (81) van B­rits­to en regs Da­li­ne S­wa­ne­poel (83) van Bloem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.