Geldt­wis hou A­fri­kaan­se rol­prent uit te­a­ters

Volksblad - - Voorblad - Ma­re­li­ze Bar­nard

’n A­fri­kaan­se rol­prent wat reeds met in­ter­na­si­o­na­le pry­se be­kroon is, is een van die slag­of­fers van die on­e­nig­heid tus­sen Ar­nold en E­wald Co­les­ke se maat­skap­py Co­les­ke Ar­tis­ts en Jo­han Vor­ster, lied­jie­skry­wer en ver­teen­woor­di­ger van be­ken­de kuns­te­naars.

Vol­gens ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring van Ar­nold Co­les­ke skuld Vor­ster ’n be­drag van R3,5 mil­joen aan Co­les­ke, wat geld voor­ge­skiet het vir die ver­vaar­di­ging van die prent Gat in die muur.

Nou het die ak­teur en re­gis­seur An­dré O­den­daal, wat die prent As jy sing saam met Vor­ster ge­maak en daar­na saam aan Gat in die muur ge­werk het, aan­ge­voer dat Vor­ster die rol­prent te­rug­hou en dit nie uit­reik nie.

O­den­daal sê Ar­nold Co­les­ke is die uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger en het die geld vir die prent ver­skaf en Vor­ster is die ver­vaar­di­ger.

Gat in die muur het twee pry­se op die Sout­hamp­ton-rol­prent­fees ge­wen, maar is nog nie in Suid-A­fri­ka uit­ge­reik nie, sê O­den­daal.

“Die prent is ’n goeie pro­duk. Dit is hart­seer dat dit nog nie uit­ge­reik is nie,” sê hy.

In Ar­nold Co­les­ke se be­ë­dig­de

ver­kla­ring, deel van ’n aan­soek van Co­les­ke Ar­tis­ts wat in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien is teen Vor­ster en on­der meer sy maat­skap­pye Al­tyd in A­fri­kaans en In­houd Huis Mu­siek Ko­pie­reg, word kort­liks na die prent Gat in die muur ver­wys.

Ar­nold Co­les­ke voer aan dat dit wat met dié prent ge­beur het ’n aan­dui­ding is van die ma­te waar­toe die ver­hou­ding tus­sen Co­les­ke Ar­tis­ts en Vor­ster ver­suur het.

Vor­ster sê op sy beurt in ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring, wat ook deel van die hof­stuk­ke is, dat daar ’n “aan­sien­li­ke dis­puut” tus­sen hom en Co­les­ke Ar­tis­ts is oor ver­skeie ei­se wat hul­le on­der­ling met me­kaar het.

Vor­ster sê in sy ver­kla­ring die dis­puut is ter sa­ke in Co­les­ke Ar­tis­ts se aan­soek, maar dit “dien geen doel” om meer daar­oor in die hof­stuk­ke te sê nie.

Ar­nold Co­les­ke het gis­ter by na­vraag ge­sê hy gaan geen ver­de­re kom­men­taar le­wer op na­vrae nie, be­hal­we om te sê hy hoop hul­le sal din­ge op ’n “ge­son­de en vrien­de­li­ke wy­se” kan op­los.

Vor­ster het ge­sê die plan was al­tyd om die prent oor­see te neem en in­ter­na­si­o­na­le be­lang­stel­ling daar­in te wek voor­dat dit plaas­lik uit­ge­reik word. Daar is met dié plan be­gin en die prent het twee pry­se ge­wen.

“Maar die rol­prent het in­tus­sen vas­ge­vang ge­raak in die ve­le fa­set­te van die dis­puut tus­sen my en Co­les­ke Ar­tis­ts. Dit het daar­toe ge­lei dat daar geen ver­de­re kon­kre­te plan van ak­sie is nie,” sê Vor­ster.

Hy ont­ken dat hy ’n be­drag van R3,5 mil­joen, of e­ni­ge be­drag, skuld en sê hy eer­bie­dig die ver­trou­lik­heid wat met e­ni­ge on­der­han­de­lings ver­band hou.

Daar­om het hy nie meer in sy be­ë­dig­de ver­kla­ring oor die prent ge­sê nie, as­ook om­dat dit nie op die hui­di­ge hof­saak be­trek­king het nie.

Vor­ster sê hy stem saam met O­den­daal dat dit ’n goeie prent is en dat dit jam­mer is dat dit nog nie in Suid-A­fri­ka uit­ge­reik is nie.

Hy ont­ken dat hy die prent te­rug­hou en sê dit is op rol­prent­fees­te ver­toon en hy sal wil sien dat dit in Suid-A­fri­ka uit­ge­reik word.

In ’n Fa­ce­boek-in­skry­wing op 31 Ok­to­ber 2016 ver­wys die ak­tri­se Da­nia Gel­der­blom na die rol­prent, waar­in sy speel, en sê: “Hier is ek in die film Gat in die muur. Hier­die film is die eer­ste A­fri­kaan­se film wat by die Sout­hamp­ton-rol­prent­fees in En­ge­land vir ses be­noe­mings op ’n in­ter­na­si­o­na­le fees be­noem is en twee ka­te­go­rieë ge­wen het. #trots”

■ In die hof­aan­soek deur Ar­nold Co­les­ke het die par­tye oor­een­ge­kom dat Vor­ster en Ja­co­mien de Vil­liers, sy ven­noot, geen do­ku­men­te, da­ta of e-pos­se ge­bruik waar­van die ei­en­doms­reg in die han­de van Co­les­ke Ar­tis­ts is nie.

De Vil­liers sal ook nie do­ku­men­te, da­ta en e-pos­se wat ge­berg is op die skoot­re­ke­naar wat die Co­les­kes aan haar ge­gee het, ge­bruik om e­ni­ge van die re­spon­den­te se sa­ke te be­vor­der nie.

Fo­to: VER­SKAF

An­dré O­den­daal speel self ook in die rol­prent Gat in die muur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.