Ma­triek­leer­ling se plan werk

Groep werk hard, slaap by skool

Volksblad - - Nuus - El­sje du Toit

On­danks ve­le uit­da­gings by die huis en in sy om­ge­wing, was Em­ma­nu­el Mo­fam­me­re vas­be­ra­de om hard in die skool te werk. Hy het daar­om ’n stu­die­groep wat by die skool slaap, be­gin.

Met ’n ge­mid­del­de van 90% is Em­ma­nu­el (19), ’n ma­triek­leer­ling aan die Le­nyo­ra la T­hu­to­skool in Bots­ha­be­lo, een van 25 gr. 12-leer­lin­ge wat ’n beurs van die Siy­an­di­sa-stig­ting ont­vang het.

Dank­sy sy vas­be­ra­den­heid, dis­si­pli­ne en lei­er­skap het hy die stu­die­groep by sy skool be­gin wat by die skool slaap, eet en leer.

“Dit mors tyd om huis toe te reis. Daar­om het ek met ons skool­hoof ge­praat om my te help so­dat ons stu­die­groep sommer by die skool kan slaap so­dat ons meer tyd ag­ter die boe­ke kan deur­bring.”

Em­ma­nu­el se ou­ers is dood toe hy jon­ger was. Sy voog was aan­vank­lik baie be­kom­merd oor sy vei­lig­heid toe hy met die plan om by die skool te slaap vo­ren­dag kom.

“Maar toe die uit­slae kom, het sy ge­sien dat dit vrug­te af­werp. Sy is baie trots op my.”

Hy en ses vrien­de het in Ju­nie 2016 be­gin ag­ter­bly by die skool en daar­na sommer by die skool be­gin slaap.

“Dit het nou al so ge­groei dat ons 70 leer­lin­ge is wat by die skool bly en tot laat­aand vra­e­stel­le uit­werk en me­kaar help.”

Die on­der­wy­sers maak vir hul­le kos en sien toe dat hul­le ge­noeg slaap en be­tyds vir skool op­staan.

TK Mo­du­pi, skool­hoof, sê hy is baie trots op Em­ma­nu­el.

“Hy is so ’n ge­dis­si­pli­neer­de seun met ’n baie hoë IK. Hy is ons skool se trots.”

Em­ma­nu­el wil graag vol­gen­de jaar as­tro­fi­si­ka aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad stu­deer.

“Ek het in gr. 6 in as­tro­no­mie be­gin be­lang stel. Se­dert­dien het ek meer daar­oor be­gin leer en uit­ge­vind. Dit is een van my pas­sies.”

Sam Mo­le­ko, voor­sit­ter van die Siy­an­di­sa-stig­ting, sê deur die beur­se wil hul­le graag ta­lent­vol­le swart kin­ders help om ’n toe­koms te bou.

Om vir die beurs te kwa­li­fi­seer, moet jy ’n swart Suid-A­fri­ka­ner in ’n Vry­staat­se skool wees wat ’n ge­mid­del­de van ho­ër as 85% hand­haaf. Die leer­ling se ou­ers moet ook van skool­geld vry­ge­stel wees.

Die beurs sluit in ’n Samsung­ta­blet met 20 GB se da­ta per maand om ’n teg­no­lo­gie­se leer­plat­form te skep, skryf­be­hoef­tes en R1 000 vir el­ke on­der­skei­ding wat die leer­ling aan die ein­de van ma­triek be­haal.

Fo­to: EL­SJE DU TOIT

Em­ma­nu­el Mo­fam­me­re (regs) het ’n stu­die­groep by sy skool be­gin wat by die skool slaap so­dat hul­le kan stu­deer. By hom is die skool­hoof, TK Mo­du­pi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.