Nóg ’n man be­roof op Bfn se stor­tings­ter­rein

Volksblad - - Nuus - An­dré Damons

Nog ’n man van Bloem­fon­tein is van­dees­week op die sui­de­li­ke stor­tings­ter­rein van die s­tad aan­ge­val en be­roof toe hy sy vul­lis weg­gooi.

Dit is die der­de per­soon wat van­dees­maand by dié stor­tings­ter­rein aan­ge­val en be­roof is.

Jo­han van der Walt (45), ’n nuts­man van Wil­ge­hof, is die jong­ste slag­of­fer van die as­hoop­ro­wers en is van duur toe­rus­ting en ’n sel­foon be­roof.

Ver­le­de week is DC Litch (21) en Chris­to­phel Mot­se­ki (27) ook op die sui­de­li­ke stor­tings­ter­rein deur drie men­se aan­ge­val en van ’n sel­foon be­roof.

Die aan­val­le kom na­dat die po­li­sie hul teen­woor­dig­heid op die vul­lis­hoop ver­groot het.

Van der Walt sê hy het Woens­dag om­streeks 14:30 pas by die stor­tings­ter­rein in­ge­ry toe ver­skeie men­se op sy bak­kie spring. “Ek het ge­stop en hul­le van die bak­kie af­ge­jaag, maar toe ek weer terug in die bak­kie klim en ver­der ry, was hul­le net weer op die bak­kie. Hul­le het my hoek­sly­per, sweis­ma­sjien, tool­boks en nu­we sel­foon ge­vat. Hul­le het in al­le rig­tings weg­ge­hard­loop.”

Vol­gens hom het die vei­lig­heids­wag­te van die stor­tings­ter­rein in ’n groep ge­staan en ge­sels en toe hy hul­le la­ter van die voor­val in­lig, het hul­le net die po­li­sie ge­bel.

“Die vei­lig­heids­wag­te doen niks nie. Hul­le het nie eens pro­beer om na die men­se te gaan soek nie. Die po­li­sie het ge­kom en op ’n deel van die as­gat na die mans ge­soek, maar kon nie­mand kry nie. Ek is hart­seer oor my goed wat weg is. My sel­foon­kon­trak is ’n maand oud. Dit gaan my ’n klomp geld kos om die goed te ver­vang. Hoe vei­lig is ’n mens daar,” vra hy.

Van der Walt, wat ook aan swem­bad­dens werk, se elm­boog en knie is be­seer. Hy gaan nie weer terug na die as­gat toe nie, sê hy.

Vol­gens hom is ’n an­der man ook aan­ge­val en be­roof ter­wyl hy daar was. Hy sê men­se stort nou hul vul­lis langs die pad op pad na die stor­tings­ter­rein om­dat hul­le te bang is om in te gaan.

Ao. Lo­rai­ne Ear­le, po­li­sie­woord­voer­der, het die voor­val be­ves­tig en ge­sê nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

■ ’n Werk­ne­mer van Dan S­teel, Ric­kus S­choltz (20) van Fi­chardt­park, Bloem­fon­tein, is op 20 Ju­nie by die stor­tings­ter­rein deur agt mans aan­ge­val toe hy en ’n kol­le­ga, Lucky Bo­pa­la­mo (22), be­sig was om vul­lis af te laai.

’n Dag la­ter is nog ’n Bloem­fon­tei­ner en sy 16-ja­ri­ge seun op die stor­tings­ter­rein aan­ge­val toe hul­le hul huis­hou­de­li­ke vul­lis daar wou af­laai. Mar­tin Ba­ze­ley (55), ’n be­stuur­der van ’n ket­ting­win­kel, is om­streeks 14:15 met ’n mes teen sy voer­tuig vas­ge­druk ter­wyl sy jong­ste seun, Ry­an, aan sy voe­te uit die voer­tuig ge­sleep is. So­wat agt mans het hom ge­skop en ge­slaan om­dat hy nie sy sel­foon aan hul­le wou gee nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.