Die on­be­son­ge hel­de

Volksblad - - Kommentaar - Ger­hard van Huys­steen

‘Kar­lien se twie­te maak De­rick lam” (Rap­port, 13 De­sem­ber 2015). As daar ’n Ma­da­me Tus­sauds vir koe­rant­kop­pe was, was hier­die ene de­fi­ni­tief daar ver­e­wig.

Wal­di­mar Pel­ser (re­dak­teur) en An­dries Gouws (uit­leg­subre­dak­teur) moet die er­ken­ning kry vir dié kre­a­tie­we uit­dink­sel. Wat dit nóg snaak­ser maak, is dat “twie­te” vol­gens die A­fri­kaan­se woor­de­lys en spel­re­ëls eint­lik ver­keerd is; dit moet na reg­te “twiets” wees.

Ek het my le­we lank ge­dink joer­na­lis­te kom sel­wers met die kop­pe van hul be­rig­te vo­ren­dag. Maar hul­le het min sê daar­oor – dis tra­di­si­o­neel die werk van ’n subre­dak­teur (of “sub”).

Su­bre­dak­teurs is die on­be­son­ge hel­de van die koe­rant­wê­reld. Me­ni­ge le­ser weet nie eens wat ’n subre­dak­teur is nie. On­ge­veer 80% van my vrien­de dink dat die woord “subre­dak­teur” maar ’n si­no-niem vir “ad­junk­re­dak­teur” is – die t­wee­de-in-be­vel by ’n koe­rant. Die an­der 20% dink dat die subre­dak­teur die proef­le­ser of taal­ver­sor­ger is. Hoe­wel dit na­der aan die waar­heid is, doen ’n subre­dak­teur veel meer as taal­ver­sor­ging; dis eint­lik maar ’n re­la­tief k­lein deel­tjie van sy/haar werk.

Na­dat ’n in­houds­re­dak­teur be­sluit het hoe­veel ruim­te in ’n koe­rant aan ’n sto­rie af­ge­staan word, laai die uit­leg­re­dak­teur die joer­na­lis se be­rig op die koe­rant­stel­sel. Nou be­gin die subre­dak­teur se werk.

H/sy moet die be­rig lan­ger of kor­ter maak om in te pas in die toe­ge­staan­de spa­sie. Die teks moet ge­kon­tro­leer word vir fei­te­fou­te of vir for­mu­le­rings wat die koe­rant dalk in ’n las­ter­saak kan laat be­land. Die al­ge­me­ne lees­baar­heid van die teks moet ge­kon­tro­leer word: Staan die be­lang­rik­ste in­lig­ting eer­ste, lees die sto­rie mak­lik, maak dit sin? Dik­wels moet die subre­dak­teur ook be­rig­te uit an­der nuus­bron­ne ver­taal. En, les bes, skryf h/sy die kop van die be­rig.

Van­me­le­we se dae is die be­rig daar­na nog deur ’n se­ni­or subre­dak­teur ge­kon­tro­leer, daar­na deur die hoof­subre­dak­teur (ook die “na­sien-” of “her­sien­re­dak­teur” ge­noem). Daar­na is die blaaie weer deur su­bre­dak­teurs ge­proef­lees.

Dees­dae word die­self­de pro­ses ge­volg, maar tyd speel ’n baie gro­ter rol om­dat nuus gou­er op die koe­ran­te se web­wer­we moet ver­skyn. Van­dag is daar meer werk en min­der su­bre­dak­teurs. Men­se wil nuus vin­nig lees.

En dis juis hul­le wat die vin­nig­ste kla oor die ge­hal­te van taal­ge­bruik in he­den­daag­se (e-)koe­ran­te . . .

Die A­fri­kaan­se koe­rant­we­se ken for­mi­da­be­le su­bre­dak­teurs soos T­ri­pel-J S­choltz, (die be­rug­te) L.W. Hiem­stra, Da­le­ne M­ül­ler en Jo­han S­pies.

In die pas ver­ske­ne Die Bur­ger 100: Sy men­se en hul sto­ries (Jo­na­than Ball Uit­ge­wers) ver­tel Bun Booy­ens en Al­di S­choe­man van die re­dak­teur wat die paal­plak­kaat “Ge­weeg en te lig ge­vind” af­ge­te­ken het. Daar­die nag lê hy en pie­ker of dit nie dalk eer­der “be­vind” moes ge­wees het nie. Hy bel Hiem­stra ter­stond en dié mor sla­pend dat dit in­der­daad “be­vind” moes wees. Die vol­gen­de dag wys die re­dak­teur vir Hiem­stra dat dit vol­gens die Ne­der­land­se By­bel wel “ge­vind” (ge­von­den) is, waar­op Hiem­stra ant­woord: “Nou toe nou. Om te dink die By­bel maak ook fou­te.”

Hier­die ru­briek word in ne­de­ri­ge er­kent­lik­heid op­ge­dra aan al die su­bre­dak­teurs van koe­ran­te, en in­son­der­heid aan die knap en kre­a­tie­we Ma­ri­us Vis­ser (ge­reel­de sub van hier­die ru­briek), wat aan die ein­de van die maand oor­skuif na Huis­ge­noot. Dan­kie vir jul har­de werk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.