‘Ek het g’n le­we’

Facebook­her­rie: Ver­meen­de aan­ran­der sê hy kry meer as 2 000 dreig­bood­skap­pe

Volksblad - - Voorblad - A­let van der Walt

‘Ek het meer as 2 000 dreig­bood­skap­pe op Facebook ge­kry. Dit ont­stel ’n mens. Ek het geen le­we meer nie.”

So sê Lo­die van Dyk (34), die man om wie se kop ’n her­rie op Facebook los­ge­bars het.

Fo­to’s van sy ge­we­se vrien­din Ma­ri­na Jan­se van Rens­burg (21), wat hy na be­we­ring aan­ge­rand het, is Maan­dag deur haar ma, Doro­thy van Zyl, op Facebook ge­plaas.

Van Zyl sê sy het dit ge­doen om ge­reg­tig­heid vir haar kind te kry.

Vol­gens haar is hul­le oor­wel­dig deur die re­ak­sie en sy be­sef nou eers hoe­veel vroue mis­han­del word.

Tal­le vroue s­tuur glo vir haar pri­va­te bood­skap­pe waar­in hul­le hul sto­ries ver­tel.

Die Facebook-blad Sup­port Ma­ri­na het teen Don­der­dag al meer as 700 vol­ge­lin­ge ge­had.

Jan­se van Rens­burg en Van Dyk se ver­hou­ding is ná die be­weer­de aan­ran­ding be­ëin­dig.

Jan­se van Rens­burg sê Van Dyk het haar aan­ge­rand om­dat hy ja­loers is.

Van Dyk be­weer weer dat Jan­se van Rens­burg en haar sus­ter, Ma­ryna, dwelms op sy erf in O­den­daals­rus ge­bruik het.

Jan­se van Rens­burg se wang­been is op drie plek­ke ge­kraak, ’n sny aan haar wang moes ge­heg word en ’n tand is ge­breek.

Sy be­weer sy is met die vuis en knie ge­slaan en dat bos­se ha­re uit haar kop ge­pluk is.

Van Dyk be­weer hy is eer­ste aan­ge­val en moes haar van hom af weg­stamp.

Hy sê die mees­te van die be­se­rings het sy op­ge­doen toe sy ge­val het. Van Dyk moet weer op 2 Au­gus­tus in die land­dros­hof in O­den­daals­rus op aan­klag­te van aan­ran­ding ver­skyn.

Tal­le or­ga­ni­sa­sies en in­wo­ners van O­den­daals­rus sê hul­le gaan Jan­se van Rens­burg by die hof on­der­steun.

Van Dyk sê hy weet niks van be­we­rings van ’n vo­ri­ge aan­ran­ding nie en so­dra sy on­skuld in die hof be­wys is, sal hy al­mal dag­vaar wat hom ge­dreig of be­las­ter het.

■ Jo­a­nit­ta Bel­cher sê sy en Van Dyk was so­wat twee jaar lank ge­troud.

Hy het na be­we­ring een keer so hard op haar been ge­trap dat dit maan­de lank by­na swart van die kneus­plek­ke was.

Sy be­weer sy het nie klag­te teen hom aan­han­gig ge­maak nie om­dat sy net te bly was om uit die hu­we­lik te kom en met haar le­we aan te gaan.

Fo­to: FACEBOOK

Ma­ri­na Jan­se van Rens­burg en Lo­die van Dyk in ge­luk­ki­ger dae.

Fo­to: FACEBOOK

So lyk Ma­ri­na Jan­se van Rens­burg na­dat haar v­riend, Lo­die van Dyk, haar na be­we­ring aan­ge­rand het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.