Ac­kers: ‘Rooi­ge­ty’ op El­lis­park

Volksblad - - Voorblad - Chris­to Bu­ch­ner Ac­ker­mann se wens is 60 000 toe­skou­ers op El­lis­park.

Die eind­fluit­jie het skaars ge­blaas ná die Leeus se merk­waar­di­ge te­rug­veg­se­ge van 4429 teen die Hur­ri­ca­nes in die Su­per-half­eind­stryd op El­lis­park of daar was al ’n lang tou on­der­steu­ners voor die kaart­jies­kan­toor wat hul sit­plek­ke vir Sa­ter­dag se eind­stryd teen die Cru­sa­ders wil ver­se­ker.

Dit is die eer­ste keer dat El­lis­park in Jo­han­nes­burg gas­heer vir ’n Su­per-eind­stryd sal speel. Dit is ook die eer­ste keer se­dert 2010 dat ’n Su­per-eind­stryd in Suid-A­fri­ka plaas­vind. Daar­die jaar het die Bul­le die S­tor­mers in die Or­lan­do-sta­di­on in So­we­to ge­klop.

On­ge­ken­de be­lang­stel­ling heers in Suid-A­fri­ka vir die eer­ste eind­stryd op El­lis­park, ver­al na­dat die gees­drif­ti­ge tuis­ska­re se aan­moe­di­ging die Leeus help deur­dra het.

Voorts is die eind­stryd die laas­te keer dat Jo­han Ac­ker­mann aan die s­tuur van die Leeus sal wees. Die Leeu-af­rig­ter sluit hom bin­ne­kort in En­ge­land by die klub Glou­ces­ter as hoof­af­rig­ter daar aan.

Ac­ker­mann se wens vir sy “af­skeids­par­ty­tjie” is om 60 000 toe­skou­ers op El­lis­park te kry om sy span aan te moe­dig om die tro­fee te wen.

“Dit is wat ek wou hê: Om voor my eie men­se en op ons tuis­veld in ’n eind­stryd af­skeid te kan neem. Ont­hou net, ons het nog niks ge­wen nie en het ook nog nie ’n tro­fee om vir ons har­de werk hier­die jaar te wys nie.

“Ek wil ook geen druk op my spe­lers plaas met al­ler­lei praat­jies oor my af­skeid nie.

“Hul­le moet sorg­vry kan speel en hul­self ge­niet. As hul­le hul bes­te gee, sal dit vir my goed ge­noeg wees. As ons dan nie wen nie en ons word deur ’n be­ter span ge­klop, sal ek dit so aan­vaar,” sê Ac­ker­mann. “Die Cru­sa­ders is ’n span met ’n won­der­li­ke ge­skie­de­nis in dié toer­nooi (geen span het die tro­fee al meer as hul se­we keer ver­o­wer nie) en dit gaan ’n groot uit­da­ging wees.”

Ja­co K­riel, die kap­tein, sê dit mo­ti­veer die Leeus om “die na­sie” met hul spel te in­spi­reer. “Ons doel is om men­se te in­spi­reer met ons ver­to­nings en dit te ge­niet. Die co­ach se bood­skap aan ons is al­tyd om op die veld te gaan en ons te ge­niet,” sê hy.

■ In Bloem­fon­tein was Ro­sko S­pe­cman, B­lits­bok, ’n uit­blin­ker in die Vry­staat-se­ge van 30-17 oor die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie. By­kans 7 000 men­se het die eer­ste Cur­rie­be­ker-wed­stryd hier op ’n Son­dag by­ge­woon.

Aan­han­gers van die Leeus re­a­geer Sa­ter­dag op die Leeus se se­ge oor die Hur­ri­ca­nes.

Fo­to’s: REUTERS

Jo­han Ac­ker­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.