DA sê Faith moet geld te­rug­gee

Vlieg glo vrien­de en fa­mi­lie na Kaap­stad

Volksblad - - Voorblad - P­hil­da Es­sop

Faith Mut­ham­bi, om­stre­de mi­nis­ter vir die staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie, is die so­veel­ste keer in die sper­vuur.

Die nuus dat sy vir haar ’n eie ge­hoor op staats­kos­te Kaap­stad toe laat vlieg het om haar be­gro­tings­re­de by te woon, ont­lok he­wi­ge re­ak­sie.

Dié Kaap­se kui­er­tjie het be­las­ting­be­ta­lers so­wat R300 000 uit die sak ge­jaag.

Die DA het gis­ter ge­sê Mut­ham­bi be­hoort “el­ke sent” te­rug te be­taal wat dit be­las­ting­be­ta­lers ge­kos het vir haar “fa­mi­lie en vrien­de” om haar par­le­men­tê­re re­de by te woon.

Die DA se re­ak­sie kom na­dat Sun­day Ti­mes gis­ter be­rig het Mut­ham­bi het glo in Mei van­jaar al­te­saam 30 van haar fa­mi­lie­le­de en vrien­de na Kaap­stad ge­vlieg om haar toe­spraak by te woon.

On­der die ver­skeie fa­mi­lie­le­de is haar ma, tan­te, sus­ter en seun, as­ook El­len Ts­ha­ba­la­la, ’n voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die SAUK-raad.

Lui­dens die be­rig toon ’n amp­te­li­ke de­par­te­men­te­le do­ku­ment

dit het R300 000 ge­kos.

Mut­ham­bi het na be­we­ring ook Hlau­di Mot­soe­neng, voor­ma­li­ge be­dryfs­hoof van die SAUK, se 21-ja­ri­ge dog­ter vars uit die u­ni­ver­si­teit as ’n ad­mi­nis­tra­tie­we as­sis­tent aan­ge­stel.

En sy het ook glo ’n po­li­sie­kon­sta­bel met geen ter­si­ê­re op­lei­ding as haar per­soon­li­ke as­sis­tent aan­ge­stel – al­bei die aan­stel­lings is na be­we­ring ge­doen son­der om die voor­ge­skre­we pro­se­du­re te volg.

De­si­ree van der Walt, DA-LP, be­plan om vir dr. Mak­ho­si K­ho­za, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor staats­diens en ad­mi­nis­tra­sie, te skryf om Mut­ham­bi voor die ko­mi­tee te laat daag.

“Mut­ham­bi moet él­ke sent te­rug­be­taal wat sy be­stee het so­dat men­se kon kom kyk hoe sy praat.”

Sy het ge­sê Mut­ham­bi, wat in haar vo­ri­ge hoe­da­nig­heid as mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie tot die on­der­gang van die SAUK by­ge­dra het, is dui­de­lik “weer aan die gang” in haar nu­we por­te­feul­je .

“Sy is dui­de­lik nie daar­op in­ge­stel om die men­se van SuidA­fri­ka te dien nie, maar sy is dood­ge­luk­kig om haar fa­mi­lie en vrien­de op óns on­kos­te te laat rond­vlieg.

“Mut­ham­bi moet voor die ko­mi­tee ver­skyn en ge­dwing word om el­ke sent van die ver­mors­te be­las­ting­be­ta­lers­geld te­rug te be­taal,” lui Van der Walt se ver­kla­ring.

Na ver­neem word, is mi­nis­ters daar­op ge­reg­tig om gas­te na hul be­gro­tings­toe­spra­ke te nooi, maar slegs as hul­le “re­le­vant tot die be­gro­ting” is.

Pres. Ja­cob Zu­ma het Mut­ham­bi in Maart van­jaar in sy om­stre­de ka­bi­net­s­kom­me­ling na haar nu­we por­te­feul­je ge­skuif.

Vroe­ër is be­rig dat Mut­ham­bi, ’n bond­ge­noot van Zu­ma, na be­we­ring hoogs ver­trou­li­ke in­lig­ting oor ka­bi­nets­ver­ga­de­rings met die be­rug­te Gup­ta-fa­mi­lie ge­deel het.

Die de­par­te­ment het nie gis­ter op na­vrae ge­re­a­geer nie. Mi­nis­ters woon die na­week die ANC se lek­got­la by.

Faith Mut­ham­bi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.