Ba­ba op pad vir VS­eg­paar na­dat mo­tor­fiets­on­ge­luk dog­ter (13) eis

Volksblad - - Voorblad - Kay­de­ne Da­vids

’n Vry­staat­se eg­paar wat vroe­ër van­jaar hul e­nig­ste dog­ter aan die dood af­ge­staan het, het goeie nuus ge­kry.

’n Bon­del­tjie vreug­de is op pad vir Ja­co en An­so Nel van Roux­vil­le. Hul e­nig­ste dog­ter, An­ja (13), het in Maart van­jaar op ’n boe­re­dag op die plaas Mid­del­plaattz by Roux­vil­le in ’n mo­tor­fiets­on­ge­luk ge­sterf.

An­ja, wat ’n gr. 8-leer­ling aan die Ho­ër­skool Zas­tron was, is dood na­dat haar mo­tor­fiets ’n wal­le­tjie ge­tref het toe hul­le as ge­sin aan ’n pret­wed­ren op die boe­re­dag deel­ge­neem het.

Sy is van haar mo­tor­fiets ge­slin­ger en het langs haar val­helm en mo­tor­fiets langs ’n hei­ning te lan­de ge­kom.

An­ja se boe­tie, Wil­co (11), het die on­ge­luk sien ge­beur.

Ja­co het be­ves­tig An­so is 13 we­ke swan­ger met ’n seun­tjie.

Hoe­wel hul­le uit­sien na die koms van hul seun, plaas An­ja se af­we­sig­heid ’n dem­per op hul op­ge­won­den­heid.

“Die ge­mis na An­ja is steeds groot. Ons suk­kel nog om dit te aan­vaar. Dit voel on­werk­lik en dis moei­lik om te ver­staan hoe­kom die He­re een kind weg­ge­vat het en nou ’n an­der kind s­tuur. Maar deur dit al­les sien ons uit na die nu­we­ling.”

Hul­le vat dit “maar dag vir dag” en hy mis steeds al­les van sy “An­na-ke-pan” (haar troe­tel­naam).

“Ons mis haar glim­lag, haar vrien­de­lik­heid, en al­les wat haar An­ja ge­maak het. Daar is niks wat ons nie van haar mis nie. Dis maar ’n ge­suk­kel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.