SA kry op 9 Au­gus­tus nu­we pre­si­dent, sê Ma­le­ma

Volksblad - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die ANC is bang, want an­der­sins sou hy lank­al ’n ge­hei­me stem­ming in die mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma toe­ge­staan het, sê Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er.

Hy het die na­week op die par­ty se vier­de ver­jaar­dag­vie­ring in Dur­ban ge­sê Suid-A­fri­ka sal op 9 Au­gus­tus ’n nu­we pre­si­dent hê. Die de­bat oor die mo­sie vind op 8 Au­gus­tus in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) plaas.

Ba­le­ka M­be­te, spea­ker van die NV, wat moet be­sluit of die stem­me­ry in die ge­heim of o­pen­lik moet plaas­vind, is vol­gens Ma­le­ma hui­we­rig om ’n ge­hei­me stem­ming toe te laat. Sy het glo aan ie­mand ge­sê die hui­di­ge ANC-LP’s “kan nie ver­trou word nie”.

Die op­po­si­sie be­no­dig die steun van 50 van die ANC se 249 LP’s om die mo­sie te laat slaag.

Ma­le­ma sê hy was reeds in ge­sprek met “meer as 60” ANC-le­de, on­der wie mi­nis­ters, in die aan­loop tot die de­bat.

Die DA, wat ook vroe­ër aan­ge­dui het dat hy ge­sprek­ke met ANC-le­de sal voer om hul steun vir die mo­sie te pro­beer werf, het gis­ter ge­sê be­spre­kings is heel­tyd aan die gang.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het by na­vraag ge­sê die par­ty het in die laas­te twee we­ke ag­ter­ge­kom dat “men­se baie keel­vol is, maar dat die vlak van in­ti­mi­da­sie van LP’s toe­ge­neem het”.

ANC-LP’s word vol­gens hom ge­reeld aan die be­lang­rik­heid daar­van her­in­ner om die par­ty­be­leid te volg.

“Ek dink die spea­ker gaan tot op die laas­te dag wag om haar be­sluit be­kend te maak, wat baie on­ver­ant­woor­de­lik sal wees.

“Dít sal die op­po­si­sie woe­dend maak en sy sal hoop dat dit die raad­saal in cha­os sal laat ver­val. Ons meen dit is deel van haar plan om die ver­rig­tin­ge dié dag te laat in­een­stort om­dat haar eer­ste in­stink al­tyd is om die pre­si­dent te be­skerm.”

Vol­gens Steen­hui­sen is die par­ty se reg­span be­sig om aan ver­skeie moont­li­ke regs­ar­gu­men­te vir ver­skil­len­de sce­na­rio’s te werk.

Hy het M­be­te van dub­be­le stan­daar­de be­skul­dig deur ’n sper­da­tum aan po­li­tie­ke par­tye te stel waar­teen hul­le voor­leg­gings oor die stem­pro­ses aan haar moet doen, maar die par­tye het geen i­dee wan­neer sy haar be­sluit sal aan­kon­dig nie.

In­tus­sen het Ci­ty P­ress be­rig dat par­le­men­tê­re wer­kers glo be­sig is om die stem­hok­kies en -bus­se wat ge­bruik is vir die NV se ver­kie­sing van die pre­si­dent in 2014 af te stof in ge­val M­be­te op ’n ge­hei­me stem­brief be­sluit.

Ver­skeie op­tog­te word ook vir die dag van die mo­sie na die par­le­ment be­plan.

Fo­to: PUMLANI THABETHE

Ju­li­us Ma­le­ma, lei­er van die EFF, spreek stu­den­te ver­le­de week in Dur­ban toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.