Wees bly SA vrou is te­rug uit Ma­lei­sië, sê Fi­ki­le

Volksblad - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

P­rin­cess Mahlan­gu (24) van Bloem­fon­tein is vei­lig te­rug in haar ge­boor­te­land na­dat sy ver­le­de week in Ma­lei­sië uit ’n men­se­han­del-sin­di­kaat se kloue ge­red is.

Fi­ki­le M­bu­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, sê die hoof­fo­kus is nou om bly te wees dat sy vei­lig te­rug is, eer­der as om haar te vik­ti­mi­seer.

“Sy is ’n reg­te slag­of­fer van mis­daad. Ek het selfs ’n bood­skap vir haar ge­stuur om dit vir haar te sê en ook dat sy niks ver­keerds ge­doen het nie,” het M­ba­lu­la gis­ter­aand op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie op die O.R. Tam­bo-lug­ha­we ge­sê.

Mahlan­gu het gis­ter ná haar te­rug­keer be­ra­ding ont­vang. Vol­gens M­ba­lu­la gaan dit nie goed met haar nie om­dat sy erg ge­trau­ma­ti­seerd is.

Die jong vrou is saam met vroue van an­der lan­de na Ma­lei­sië ge­lok on­der die val­se voor­wend­sel dat hul­le aan ’n mo­del­kom­pe­ti­sie sou deel­neem. Vroue van min­stens 14 lan­de is ge­tei­ken deur die vals kom­pe­ti­sie op die in­ter­net wat hoop­vol­les van on­der meer Bar­ba­dos, In­dië, De­ne­mar­ke, Zam­bië en Suid-A­fri­ka na Ma­lei­sië ge­lok het.

M­ba­lu­la het Woens­dag om mid­der­nag ’n op­roep ont­vang dat Mahlan­gu ’n slag­of­fer van men­se­han­del is. Hy het In­ter­pol en die Val­ke ge­kon­tak wat daar­toe ge­lei het dat an­der vroue ook ge­red is.

’n Zim­bab­wie­se ver­dag­te is reeds in Ma­lei­sië in heg­te­nis ge­neem. M­ba­lu­la sê nóg in­heg­te­nis­ne­mings gaan volg.

Hy doen ’n be­roep op jong men­se om die in­ter­net nie te veel te ver­trou nie, om­dat men­se­han­del-sin­di­ka­te ge­or­ga­ni­seerd is.

Mahlan­gu se mo­del­a­gent­skap be­weer sy het ge­weet die skoon­heids­kom­pe­ti­sie is af­ge­stel, maar het voort­ge­gaan om te gaan.

Hul­le sê sy hou van die kol­lig en het die leu­en be­gin om aan­dag te kry.

“Sy is ’n reg­te slag­of­fer. En as dit so is dat sy nie een is nie, is dit be­ter dat ons dit steeds on­der­soek,” sê M­ba­lu­la.

Lt. genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta, hoof van die Val­ke, sê hul­le is nog in kon­tak met die o­wer­he­de in Ma­lei­sië om te ver­se­ker dat nóg ver­dag­tes in heg­te­nis ge­neem word.

M­ba­lu­la het In­ter­pol, die Ma­lei­sie­se po­li­sie en die Val­ke wat saam­ge­werk het, be­dank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.