S­torm­loop: 2 wat sterf se na­me be­kend

Volksblad - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

P­rin­ce C­hau­ke (30) en Jo­han­nes­burg N­ko­si (31) is die twee mans wat Sa­ter­dag­mid­dag in die s­torm­loop in die FNB-sta­di­on dood is na­dat sok­ker­on­der­steu­ners by een van die hek­ke in­ge­storm het.

Ver­vals­te kaar­tjies is ook vir die So­we­to Der­by tus­sen die sok­ker­span­ne van Or­lan­do Pi­ra­tes en Kai­zer C­hiefs in die Car­ling Black La­bel-be­ker ver­koop. Al die kaar­tjies was reeds twee we­ke ge­le­de uit­ver­koop.

Vol­gens die Gau­teng­se po­li­sie was daar om­streeks 15:45, 15 mi­nu­te na­dat die wed­stryd be­gin het, ’n groot aan­tal kaart­jie­hou­ers wat in ’n ry by die draai­hek­ke ge­staan het. Vei­lig­heids­wag­te het dié toe­loop van toe­skou­ers by hek­ke 14 en 15 ge­mo­ni­tor. So­wat 100 men­se het skie­lik deur hek 15 die sta­di­on in­ge­stroom.

“Men­se het ge­val en is ver­trap deur dié wat van ag­ter aan­ge­hard­loop ge­kom het,” sê die po­li­sie.

C­hau­ke en N­ko­si is op slag dood. ’n An­der toe­skou­er is in ’n kri­tie­ke toe­stand in ’n hos­pi­taal en nog 19, on­der wie ’n kind, het lig­te be­se­rings op­ge­doen.

Die wed­stryd het voort­ge­gaan on­danks dié voor­val. Ja­c­ques Grob­be­laar, uit­voe­ren­de hoof van Sta­di­um Ma­na­ge­ment South A­fri­ca (SMSA), het Sa­ter­dag kort ná die wed­stryd aan die me­dia ge­sê daar was wel oor­weeg om die wed­stryd uit te stel.

Die po­li­sie sê twee oog­ge­tui­es be­weer hul­le het ge­sien hoe die vei­lig­heids­wag­te die hek oop­maak. Hul­le sal met die on­der­soek help. ’n Ge­reg­te­li­ke on­der­soek sal ge­doen word. Faith Ma­zi­bu­ko, Gau­teng­se LUR vir s­port, kuns, kul­tuur en ont­span­ning, het haar me­de­lye aan C­hau­ke en N­ko­si se fa­mi­lies be­tuig.

“Ons wil graag ons me­de­lye met die fa­mi­lies, vrien­de en die he­le sok­ker­ge­meen­skap weens die on­ge­luk­ki­ge ver­lies aan le­we be­tuig,” sê Ma­zi­bu­ko.

Sy het die be­seer­des ’n spoe­di­ge her­stel toe­ge­wens.

Die FNB­sta­di­on waar twee men­se Sa­ter­dag ge­sterf het toe ’n s­torm­loop uit­ge­breek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.