‘SA nou baie ar­mer’ ná Wes­sels se dood

Volksblad - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Prof. Daan Wes­sels (73), voor­ma­li­ge hoof van die de­par­te­ment po­li­tie­ke we­ten­skap aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV), is ná ’n kort stryd teen kan­ker dood.

Sy hart­seer vrou, Al­ta, sê kan­ker is by hom ge­di­ag­no­seer na­dat hy voor­ver­le­de week in die Li­fe Ro­se­park­hos­pi­taal in Bloem­fon­tein op­ge­neem is.

Hy was in ’n ko­ma toe hy Vry­dag­aand om 21:00 dood is.

Sy sal hom ont­hou vir die baie lief­de­vol­le, ne­de­ri­ge en op­reg­te mens wat hy was.

“Hy het sy He­re ge­ken en was ’n diep ge­lo­wi­ge mens. Dit staan reg­oor sy le­we ge­skryf.”

Hul­le was 40 jaar ge­troud. Die be­graf­nis­re­ë­lings sal van­dag ge­fi­na­li­seer word. “Die be­graf­nis sal uit die NG kerk Hos­pi­taal­park in Bloem­fon­tein wees en ho­pe­lik Vry­dag kan plaas­vind.”

Be­ne­wens sy vrou, word hy oor­leef deur twee seuns, Da­nie, ’n pro­ku­reur van Jo­han­nes­burg, en De­on, ’n ar­gi­tek van Lan­ge­baan.

Al­ta (voor­heen Pie­ters) was vroe­ër ’n re­dak­sie­lid van Volks­blad en ’n goeie sport­vrou wat vir Vry­staat hok­kie ge­speel het.

Da­nie sê na­mens die kin­ders: “Ons pa was die groot­ste tui­nier in God se wo­ning. Ons gaan hom ver­skrik­lik mis. Hy het re­spek af­ge­dwing so ver hy ge­gaan het en het werk­lik men­se se le­we ge­raak.

“Men­se bel van o­ral om te sim­pa­ti­seer en dan be­sef ’n mens op hoe­veel men­se se le­we hy ’n in­vloed ge­had het. Hy het nie vy­an­de in die wê­reld ge­had nie én was die sag­ge­aard­ste mens wat ons ge­ken het.”

Dr. Roy Jan­kiel­sohn, DA-lid van die amp­te­li­ke op­po­si­sie in die Vry­staat­se wet­ge­wer, wat ’n oud­stu­dent en -do­sent was, sê hy was

“’n in­tel­lek­tu­e­le reus, maar die ne­de­rig­ste en mees be­skeie mens wat ek ge­ken het”.

“Daar is let­ter­lik dui­sen­de stu­den­te wat deur sy klas­ka­mer is en elk­een van hul­le sal hom ont­hou as ’n a­ka­de­mie­se men­tor en pa-fi­guur. Prof. Daan was ook ge­du­ren­de die on­der­han­de­lings­pro­ses vir ons nu­we grond­wet in 1994 een van die hoof-ad­vi­seurs by Ko­de­sa en was des­tyds al be­kend as een van die vyf top­ken­ners van grond­wet­te in Suid-A­fri­ka.

“Hy was ook vir my per­soon­lik al die ja­re ’n po­li­tie­ke men­tor en in die a­ka­de­mie ’n ti­pe va­der­fi­guur. Ek was ’n stu­dent by hom en toe ek ’n do­sent was, was hy my de­par­te­ments­hoof. Deur die 17 jaar van my po­li­tie­ke loop­baan het ek hom ge­na­der as ek ad­vies no­dig ge­had het en hy was al­tyd be­reid om te help.

“Prof. Daan se in­tel­lek was ge­lyk­staan­de aan sy in­te­gri­teit.

“Die Vry­staat en Suid-A­fri­ka gaan nou baie ar­mer wees.”

Prof. An­dré Du­ven­ha­ge, pro­fes­sor in po­li­tie­ke we­ten­skap en na­vor­sings­di­rek­teur aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, sê Wes­sels se dood “is ’n hart­seer­dag”.

Hy het hom goed ge­ken, ver­al die 17 jaar wat hy hoof van die de­par­te­ment po­li­tie­ke we­ten­skap was. “In die tyd dat ek in sy de­par­te­ment klas ge­gee het, is hy as vol pro­fes­sor tot ’n vlak-se­we­pro­fes­sor uit­ge­lig.

“Hy was baie be­kend om sy by­drae tot die staat­kun­de en hy het spe­si­fiek op die staat, grond­wet, po­li­tie­ke stel­sel, vlak­ke van re­ge­ring, kies­stel­sels en as toe­pas­sing: die Suid-A­fri­kaan­se po­li­tiek ge­fo­kus. Maar in die be­son­der was hy ’n ken­ner van po­li­tie­ke par­tye en die par­ty­we­se.”

Sy groot­ste by­drae was op na­graad­se vlak waar hy so­wat 30 PhD- en 40 mees­ters­gra­de ge­le­wer het.

Hy was ook ’n baie goeie spre­ker en re­de­voer­der.

Du­ven­ha­ge sê hy was Wes­sels se 23ste PhD-stu­dent.

Prof. Daan Wes­sels

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.